Ek moet sê die gemoan hier raak nou vervelig! Dis ’n kwessie van beskuldig , modder gooi en swart smeer dat ’n mens eintlik moet lag! Ek wens die ouer garde hou op moan, as daar ’n groep is wat moet kla dat jy ons tot anderkant die Limpopo kan hoor, dan is dit die jong geslag van vandag, of te wel die ouderdomsgroep van tussen 18 en 28! Ons wat ’n toekoms moet uitkap met bitter min geleenthede agv die verlede en wat daar gebeur het en, by the looks of it, nog steeds meer positief is en bly as die res!
Ek merk ook op dat omtrent elke derde brief, soos ’n vasgehaakte plaat, dieselfde ou deuntjie oor en oor speel, naamlik dat die kerk en die broederbond te blame is — en in dieselfde asem die ou NP! Natuurlik was hulle ook skuldig, net soos omtrent alles in daardie dae en tye — including diegene wat so maklik hulle alleen wil blame, terwyl hulle ook maar lekker aan die melk gesuip het en die botter dik op die brood gesmeer het!! Genade ek dink soms dis mense wat ernstig gefrustreerd en verbitterd is, en alles wil blame op iets waarin hulle ’n renons het, amper soos diegene wat alles wil blame op apartheid! Dit raak darem afgesaag om die kerk altyd aan te val, en dan die broederbond, en dan volg die lysie — ’n maklike uitweg vir ’n moeilike probleem wat veel dieper strek as dit! Die verlede sal altyd daar wees om ons te jaag soos ’n spook, waarom daar bly lewe? Die geheim lê in vergewe, vorentoe kyk en die issues van vandag takel! Leer uit die foute uit, en wees bietjie meer positief sonder om altyd cheap shots te probeer inkry terwyl daai balk in jou eie oog bly sit!
Groete, Jaco

