"Jou Ze(her)o" deur Nicolene Geeringh

  • 0

Jou Ze(her)o

Eenmaal was ek mens
en ek het liefgehad
Maar was sy onbewus
van my bestaan?
‘n Plan beraam
En sou ek skaam
vir jou laat weet
van my bestaan?

KOOR:
Selfs al is ek sonder bloed en vlees
? held is al wat ek vir jou wil wees
Minder in sy skadu sou ek leef
as jy een keer saam my
deur die wolke kon sweef
Vanuit sy arms wil ek jou kom vang
vir hom iets gee om na jou te verlang
sal jy dan weet, net wat ek voel
as krag regdeur my are spoel

Een aand heel laat
my plan in plek
? Spinnekopbyt
diep in my nek

En sou sy gif
my lyf laat rek
Aan my arms sal groei
? spierwit vlerk

My bene so vinnig
en so sterk
Vir jou sal ek hardloop
verby die merk

My oë laat sien
met super-straal vissie
Jou hart kom wys
my liefdesmissie

KOOR

Tot my bittere spyt
wou spinnie nie byt
En voel ek my kans
so halfpad kwyt

My plan gefaal maar steeds ek sal
? bloedrooi mantel vir jou dra
Vir net een kans in liefdesnaam
maak my dag en sê net ja

Want ek hou van jou, al is ek nou
steeds vir jou, net ? gewone ou
Sal jy hom vergeet, saam my aanbeweeg
en net eenkeer saam my deur die lig kom sweef?

KOOR

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top