"Jou Pinocchio" deur Stefan Kruger

  • 0

Jou Pinocchio

Praat in ’n ander taal net om te dink jy sal miskien verstaan
my mond beweeg, dit voel verkeerd, en my woorde is al te leeg
Ons is al ’n tydjie saam, sonder leuens dink ek, ek sou nie langs jou staan
My mond smeek, vir peper, na elke lieg wat verbeter
Maar niks kan nou keer nie, ek sien jou klaar as my liefie ...

Ek is anders, iemand anders langs jou
te bang om die waarheid te ontvou
sodat ons, sodat jy van my sal hou
Ek groei ’n neus soos Pinocchio
Dit maak my jou Pinocchio

Hout is wat jy voel, die ware ek so te sê nie vir jou bedoel
Jou by my, ’n droomlekkerny en my neus word kort-kort afgesny
Sal jy die regte ek aanvaar, of in valse oë bly staar?
Môre lyk bleek, toekoms nog erger, met steeds die waarheid onseker
Moeilik om dit nou te keer, want sien ek sien jou klaar as my nommer een …

Ek is anders, iemand anders langs jou
te bang om die waarheid te ontvou
sodat ons, sodat jy van my sal hou
Ek groei ’n neus soos Pinocchio
Dit maak my jou Pinocchio

As jy uitvind, as jy uitvind, ek lieg vir jou. As jy uitvind, as jy uitvind
Ek’s lief vir jou, as jy uitvind, as jy uitvind, Ek lieg vir jou, as jy uitvind,
Ek’s lief vir vir jou, as jy uitvind. Ek lieg, ek’s lief vir jou, ek is jou, jou Pinocchio

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top