Jou Liedjie
Vanaand skryf ek 'n song vir jou
Op die wysie van jou woorde
met die ritme van jou lyf
en bekorende akkoorde
'n Sensuele harmonie
meesleurende melodie
My metronoom, jou hartklop
Gesing met perfect pitch
Ek krap die note oor mekaar
Eers 'n d-mol, dan c-kruis
Sal jy vanaand by my kom lê
en die ritme vir my aanwys?
Ek's die dirigent van drome
van woord en idiome
Maar liedjies kom net maklik
as jy hier langs my is
REFREIN:
Want as jy dans, dans jy op die maat van liefde
As jy sing, sing jy in my hart se taal
Die egtheid van jou vrouwees is vir my so musikaal
Jy’s die komponis, ek skryf net die verhaal
My plektrum ken die plek
waar dit jou hart se snare streel
En die majeur van ons lewe saam
word ? liedjie-ritueel
Talmende arpeggio’s
romantiese crescendo’s
Die lewe saam met jou, my lief
het 'n ewigheidsrefrein
BRUG:
Sal jy dit met my saamsing?
Sal jy daarop dans?
Aangrypende lirieke word ? sagte ouverture
Die song is net vir jou geskryf
op die tafels van my hart
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



Kommentaar
Ek sien die subopskrif, "BRUG" het verdwyn na dit submit is:
Sal jy dit met my saamsing?
Sal jy daarop dans?
Aangrypende lirieke word ? sagte ouverture
Die song is net vir jou geskryf
op die tafels van my hart
Hey Nadine
Dankie vir jou boodskap. Jou lirieke is aangepas soos versoek.
Groete!