Jou Groot Skoene
Altyd die foto’s in my kop
Memories wat my hart laat klop
As ek versmoor in hierdie chaos
is dit my ligtoring van troos
My gedagtes vlieg terug na dae
Avonture saam met Pa
Kan jy my van bo af sien?
Stuur ? glimlag met die wind as ek dit verdien
REFREIN:
Gee my ? kans
Nog ? laaste kans
om te luister
Gee my ? kans
Nog ? laaste kans
om jou voorbeeld te gebruik
Vir my wat nog ? seun is
om meer na ? man te lyk
Ek wou altyd net soos jy wees
pyp rook en koerant lees
Rugby kyk op Saterdae
en ? groter size skoene dra
Om bang te wees vir niks
en ? antwoord te hê op als
Kan jy my van bo af sien?
Stuur ? glimlag met die wind as ek dit verdien
REFREIN
Om op te staan na elke val
maar dat ? ware man ook huil
Om ? das te vou en vis te vang
haar hand te vat al is ek bang
Oor die Bybel en nog baie meer
al die geheime by jou geleer
Kan jy my van bo af sien?
Stuur ? glimlag met die wind as ek dit verdien
REFREIN
Soms wil die wêreld my insluk
hul leuens probeer my afdruk
Ek wens ek kon jou nog steeds vra
om my deur die dorings te dra
Maar ek onthou jou bekende woorde
“Remember who you are”
Kan jy my van bo af sien?
Stuur ? glimlag met die wind as ek dit verdien
REFREIN
Ek sal op my tande byt
Opstaan, al is ek ook alleen
Want een ding sal altyd bly
Ek is Pa se seun
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


