"Jou groot skoene" deur Christiaan Blignaut

  • 0

Jou groot skoene

Altyd die foto’s in my kop
memories wat my hart laat klop
as ek versmoor in hierdie chaos
is dit my ligtoring van troos
My gedagtes vlieg terug na dae,
avonture saam met Pa

Kan jy my van bo af sien
Stuur ’n glimlag met die wind as ek dit verdien

Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om te luister
Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om jou voorbeeld te gebruik

Vir my wat nog ’n seun is
om meer na ’n man te lyk

Ek wou altyd net soos jy wees
pyp rook en koerant lees
rugby kyk op Saterdae
en ’n groter size skoene dra
om bang te wees vir niks
en ’n antwoord te hê op als

Kan jy my van bo af sien
Stuur ’n glimlag met die wind as ek dit verdien

Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om te luister
Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om jou voorbeeld te gebruik

Vir my wat nog ’n seun is
om meer na ’n man te lyk

Om op te staan na elke val
maar dat ’n ware man ook huil
om ’n das te vou en vis te vang
haar hand te vat al is ek bang
Oor die Bybel en nog baie meer
al die geheime by jou geleer

Kan jy my van bo af sien
Stuur ’n glimlag met die wind as ek dit verdien

Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om te luister
Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om jou voorbeeld te gebruik

Vir my wat nog ’n seun is
om meer na ’n man te lyk

Soms wil die wêreld my insluk
hul leuens probeer my afdruk
ek wens ek kon jou nog steeds vra
om my deur die dorings te dra
maar ek onthou jou bekende woorde
“remember who you are”

Kan jy my van bo af sien
Stuur ’n glimlag met die wind as ek dit verdien

Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om te luister
Gee my ’n kans
Nog ’n laaste kans
om jou voorbeeld te gebruik

Vir my wat nog ’n seun is
om meer na ’n man te lyk

Ek sal op my tande byt
Opstaan, al is ek ook alleen
Want een ding sal altyd bly –
ek is jou seun

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top