Jors peil die siel van die siel

  • 1

Toe Jors se juffrou in graad 360 die klas opdrag gee om ’n taak oor miere te doen is hy flink na skool winkel toe. Hy benodig ’n gradeboog om die siel van die onderwerp te peil. Die Fakkeldraer is ’n groot ou gebou in die wolke met ’n spiraaltrap tot by die aarde waar die miere woon. Daar bo passer ’n eksentrieke wiskundige agter die kasregister rond soos ’n matroos op ’n houtbeen. Sy naam is Pythagoras. Sy swaard is met ’n driepuntster in ’n slyper vasgeskroef indien enigiemand die volledige en akkurate stel wiskundige instrumente sou waag steel. Gewoonlik is die gomlastiek afskrikmiddel genoeg. Pythagoras was ook eens op skool in graad 360 tot sy wêreldse juffrou se bittere spyt. Die kere wat Pythagoras wel klas bygewoon het is hy male sonder tal aangesê om in die hoek te gaan staan en maak soos ’n oktaaf. Sy tydtafel getuig egter van ’n goeie balans tussen stokkies draai en die res. Pouses het hy gewerskaf aan matroos wees. In die kleedkamer is makkers gate deur oorlelle, neuse ens toegedien met sy verdeelpasser. Teen betaling. En die ringe en studs was ekstra. Maar dis Pythagoras se taak oor miere wat juffrou Blaaitin nooit sal vergeet nie. Hy het met ’n meetkundig juiste diagram die hele kolonie uiteengesit van die tweede grondvloer af op tot by gerugte van ’n 14de vloer soos linker en regtervleuel rug teen rug gestaan het. Die miere was almal die Romeinse alfabet magtig. Een lot Latyns majuskel. Die ander Latyns minuskel. Laasgenoemdes kon ook van een tot by nul tel. En hier, ondergrond, loop ’n ou legende. In dialek l. ’n Legende oor werker u en werker g. Werker u het die slegte gewoonte gehad om ekstra tee by die Koningin te skaai. U sien, die graspol in saad se ligging was kwansuis werker u se intellektuele kapitaal.

Adriaan

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top