Jonk, Maar Beskaafd
Van wanneer af was kind wees verkeerd?
Ons maak tog besluite, ons maak tog gereed
vir die nagevolge van ons generasie
Ons is behep en verlore in ? reënboognasie
REFREIN:
Gee vir ons wysheid en gee vir ons smaak
Ons is vol kennis en ervaring en deel van vermaak
Gee vir ons liefde en gee vir ons haat
maar gee nooit op aan die jonk, maar beskaafd
Ek daag jou, maak my lag
Sing vir my ? liedjie soet en sag
Maak my kwaad en maak my naar
Ek bly nog jonk en ek bly nog waar
REFREIN


