Hello
Dit leef.
Johannes Comestor Henn is terug, dit was lank rustend. Die een deel kla dat dit nou so onaangenaam is, wanneer kommentaar gelewer word op sy briewe en dit negatief is. Dit terwyl dit op ’n openbare forum is en is ’n herhaling van die "ou man" se spesiale pleidooi van ’n ruk terug. Laat daar niks oor die klap na hophuise geskryf word nie en die vaskleef aan ’n oudmodiese klassestelsel.
Die ander deel is in die sewende hoender hemel en roer sake nou vir al wat dit werd is. Soos al voorheen geskryf het, indien die twee here maar net dieselfde ywer kon betoon om hul feite te bevestig dan sal daar ’n radikale verbetering in hulle briewe wees, in plaas daarvan om in die put van persoonlike aanvalle te val. Daar kry Thau-Tao ’n tweede asem.
Wat ’n tragiese kombinasie.
Baie dankie
Wouter

