Joel Osteen onder soeklig

  • 0

Ai - jai!!

Soms word die grootste verrassing gebore vanuit oënskynlike neerlaag.

Die storie omtrent Joel Osteen wat uit christendom bedank het, het ‘n w?reldwye reaksie ontlont. Ekself, geskok. Ek het dadelik in Osteen getwyfel. Het hy werklik God geken? Want dit sou hom weerhou het om so iets te doen.

Selfs terwyl ek die “online hoax” lees, wat ‘n “fake website” is met Osteen se foto en logo, kon ek in die stellinge lees, (wat kamstig sy eie woord was), dat hier iets groot fout is. Nee, het ek dadelik gedink, hierdie man is nie deur wedergeboorte, soos met sommige predikers en gelowiges ook die geval. Hy dra nie ‘n Christus-harts-gesindheid.

Maar die storie het ‘n fenomenale einde. Nie dat die einde ooit geskryf sal word nie! Osteen self stel dit so:

“What's meant for harm God uses to your advantage,” Osteen said.
In the last seven days, Lakewood Church has added nearly 49,000 Facebook friends and 25,000 Twitter followers.
If the prankster can be found, Lakewood Church’s attorneys will ask him to cease and desist, but they do not plan to sue.

Osteen se woorde hierbo, het dadelik vir my by hom “gepas.”  Let op die christusgesindheid: “They do not plan to sue” die ateïs of vervolger.

Dit is net ‘n ware kind van God wat nie ander sal veroordeel of benadeel, al was die bedoeling om skade aan te rig. Ek glo dat Osteen dit afgelag het, en dadelik die “goeie” asook humor in die hele situasie onderskei het.

Natuurlik het Osteen nou ‘n groot probleem. Hy sal moet GROTER KERK BOU! Want sy nuwe besoekers mag nou uit ongelowiges bestaan.
Dit is soos ek my God ken, hy verander negatiewe dinge in die positiewe.

En ek?  Dink dit is tyd om sy nuutste boek te gaan koop, en my gees daarmee te seën.

Trienie Mahne

(Indien jy die hele storie wil volg: www.joelostenministries.com let op verkeerde spelling)
http://www.khou.com/community/Online-hoax--202054811.html
http://www.npr.org/blogs/thetwo-way/2013/04/08/176606502/pastor-joel-osteen-is-the-target-of-a-complex-online-hoax

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top