Hello
Hierdie is om aansluiting te vind tot die bevestiging van Jack le Roux dat Jesus Camp ’n skokkende blik bied op hierdie tipe van evangeliese organisasies. Aangesien ek hierdie film ’n ruk terug gesien is dit nie meer so vars in die geheue nie.
Wat wel uitstaan is die onverbiddelikheid waarmee hierdie gelowiges uitgebeeld in hierdie film kan optree en die militansie wat daaraan gekoppel is.
Die militansie, is veral kommerwekkend, "soldiers for the army of God", offerande soos in Pakistan en Afghanistan aan die hand van die volgende:
Christians to "take back the land" from the Philistines and that George Bush is the Messenger sent by God for this purpose.
"Willing to lay down their lives." Why? "Because, excuse me, WE have the truth."
Die uitknipbeeld van Bush het ’n hoofrol in hierdie film.
’n Beeld voor wie kinders in ’n beswyming gaan.
Die Christen ekstremis in al sy glorie in hierdie film, ’n welkome opstelling teen alle ander vorme van ekstremisme wat deur die Christen voorgehou word en hierin bevestig word om self daaraan skuldig te wees.
’n Ontstellende en onrusbarende film oor ’n segment van ’n bevolking wat kommer moet dopgehou word.
Gesprek met ’n persoon waarin daardie beginsels ingesink het, is ’n onmoontlikheid.
Probeer dan die moontlikheid van ’n pluralistiese samelewing te bespreek met so ’n breingespoelde persoon.
Dit is oorlog vir daardie persoon en jy is die vyand. ’n Meningsverskil oor ’n koppie tee is nie moontlik nie.
Baie dankie
Wouter

