Jason Lloyd se sosialistiese utopie

  • 1

Onlangs skryf Jason Lloyd taamlik breedsprakig in twee van sy rubrieke oor die Suid-Afrikaanse politiek. (Sosialisme en die ANC, 5 Julie en Politieke aspoestertjies, 20 Junie. (https://www.litnet.co.za/sosialisme-en-die-anc/ enhttps://www.litnet.co.za/politieke-aspoestertjies/)

Hy verwys na “… jong swart sosiaal-demokrate in die ANC … Kapitalisme/neoliberalisme … wit liberale ... kapitalistiese verhoudings … wit monopoliekapitaal …” ensovoorts, sonder om dié begrippe in die konteks waarbinne hy dit gebruik, te motiveer.

Cyril Ramaphosa is bv “…deur wit monopoliekapitaal ingesluk …” en ’n “ neoliberal ”. In ’n ander paragraaf is Ramaphosa weer ’n “… skatryk sosiaal-demokraat …”

Verder het “… die DA se liberale ’n problematiese verhouding met ras ...” terwyl sy wit ondersteuners “konserwatief” is.

Dit alles is nogal ’n mondvol, om die minste daarvan te sê. En dan sluit Lloyd sy jongste rubriek af met die volgende blink idee: “Dus: hoe maak ons sosialisme ’n  werklikheid? Wat ons nodig het, is kapitaal en goedopgeleide staatsamptenare, dan kan sosialisme werk.”

Netso, sê hy. Sorg vir  genoeg kapitaal en knap staatsamptenare en sosialisme werk. Nou wonder ek net, hoekom het die magtige USSR en al die Oosblok-lande van destyds en China nóóit agtergekom dat dit só eenvoudig is om sosialisme te laat werk nie?

Nog ’n ding: Waar gaan die kapitaal vandaan kom? Sosialisme = geen insentief = geen wins = geen belasting.

Of hoe?

Dirk Rigter

  • 1

Kommentaar

  • Mnr Rigter. Dit is ongelukkig so dat kolonialiste nie die Afrikaan se sosiale strukture en gonswoorde heeltemal begryp/verstaan nie. Ek sal dit probeer verduidelik soos ek dit verstaan. Die Afrikaan se sosialisme is op die Westerse model geskoei maar dat die privaat sektor (die melkkoei) net nie blank/wit mag wees nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top