Jan Rap

  • 0

Hello Jan

Soos alreeds aangedui deur my, die geleentheid vir laaste repliek is aan jou gebied en is daar kennis geneem van jou reaksie.

Baie Dankie

Wouter

 

  • 0

Jan Rap

  • 0

Hello Jan

Alles wat ek oor hierdie onderwerp wou geskryf het is op rekord in die briewe alreeds op hierdie forum geplaas. Jy kan na hierdie artikel van Pierre de Vos, verwys wat gepubliseer was 19 November 2011 in Rapport indien jy nog steeds bevestiging sou soek vir die agtergrond wat my eie denke oor hierdie onderwerp onderskraag. Indien dit alles volgens jou net lyflose redes was, dan het jy nou die geleentheid gehad om die finale woord daaroor te kon skryf in die brief van jou wat 21 November 2011, gepubliseer was.

Nie al jou lesers vreet dit wat jy opdis vir soetkoek, as soetkoek op nie en stoot daarom die bord eerder weg. Bearbei eerder jouself in plaas daarvan om te glo dat dit ’n taak is wat jy moet doen om met hulle praat, en te glo dat "dalk steek iets in sy (hulle) kop vas".

Laastens, is dit wat oorbly vir jou om my te beskuldig daarvan dat ek gebreinspoel is en/of onder hipnose is?

Is dit die beste waarmee jy vorendag kan kom?

Gekondisioneer is ek ook nie, ingelig wel en vry van ideologie.

Die laaste woord as ’n repliek op hierdie word aan jou oorgelaat indien jy daarop sou besluit.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top