Jy skryf: “Hy (Rooi Daantjie) is dus NIE volgens jou ’n oulike klein rakker soos Williams wat sit en twak praat net om mense die harnas in te jaag nie want hy (Rooi Daantjie) konstateer feite. Ek vra weer, hoekom maak hierdie feite jou so kwaad? Is jy ook een van die wat in die verleentheid is as daar Afrikaners is wat golfies maak?”.
Jan Rap. Jy skryf: Hy (Rooi Daantjie konstateer feite!? Vanuit van sy rubrieke die volgende –
1. In sy Pretoria tot PE-volkstaat model sê hy Afrikaners vorm reeds 40% van die bevolking, SA statistiek sê blankes (Engels en Afrikaners tesame) vorm omtrent 18% van die bevolking. Wie dink jy is feitlik?
2. Verder beweer hy dat indien Afrikaners nie van bogenoemde volkstaat se swart inwoners in diens neem nie, hulle vanself sal uitskuif op soek na werk elders, en Afrikaner meerderheidsbesetting word ’n outomatiese werklikheid! Glo jy dit? Is dit vir jou feitlik?
3. Hy beweer Afrikaners sal hulle volkstaat teen 2014, dan ook binne ’n jaar hê. Hy glo blykbaar ook nie sy eie stellings nie, want hy kasty Afrikaners en doen ’n beroep op hulle om in 2014 vir die VF+ te stem, wat hy deur middel van ’n naamlose VF+ persoon se die VF+ het ook nie “balls” nie. Verwarrend nè!
4. Eers beweer dis net Naspers en die ANC wat in die pad staan om Afrikaner onafhanklikheid te bekom, en dan in ’n latere rubriek weerspreek hy homself en se die DA is die Afrikaner se grootste vyand. Is verwarring en feite vir jou sinoniem?
5. En nog te veel ander om hier op te noem.
Afrikaners wat golfies maak! Dan Roodt beslis nie. AfriForum wat hy afkraak maak beslis golfies ten gunste van die Afrikaner. Lees bl 15 Beeld 25 Okt 11. Flip Buys konstateer ’n hele klomp Afrikaners, oa die Taalraad; FAK; ATKV; Voortrekkermonumentsraad; Voortrekkers; Orania; Solidariteit; AfriForum; ens in een beweging ter voordeel van die Afrikaner. Praag en die VF+ vorm nie deel daarvan nie. Flip is demokraties as voorsitter verkies. Dan Roodt is ’n selfaangestelde outokraat van sy eie beweging. Al AfriForum se gewonne hofsake bewys golfies maak vir die Afrikaner. Rooi Daantjie sit op die kantlyn en kritiseer. (Suurbek.)
Selfs die VVK met die stigting van die AO (23 000 ondersteuning) is ’n ander sektor van Afrikanerdom wat onlangs begin golfies maak. Flip skryf hy wil mettertyd ander Afrikaners ook betrek (ek glo verwysend na die AO). En wat doen Rooi Daantjie? Hy sit op die kantlyn en kritiseer.
Rooi Daantjie is uitgedien, “the carpet has been pulled from under his feet, sidelined”. En jy wil steeds hierdie dimensie van ’n mens blindelings aanhang!? Ek bly maar verbysterd.
Indien jy wil aanhou glo dat Rooi Daantjie my in die verleentheid bring omdat soos jy in ’n ander brief geskryf het, “hy sny tot die been” wat volgens jou ek kamtig nie van hou nie, dan maak dit maar ook deel van jou geloofsbelydenis. Al se ek vir jou vir die soveelste kere die teendeel, sal jy met jou eie vertolking daaroor volhou. Doe maar so voort.
Rooi Daantjie maak my nie kwaad nie. Ek minag hom, hoofsaaklik omrede hy aanhou om ’n Afrikaner verleentheid te wees.
Jaco Fourie

