Jan Rap, wat dink hulle in die hemel daarvan?

  • 6

Die Here verstaan tog al die tale op aarde waarin gebid word. Maar wat gebeur as jy in Afrikaans bid en Engelse woorde tussenin gooi? Weier hy om dit te verstaan, en kry jy dalk swart merke agter jou naam? Ek weet natuurlik wat sal gebeur in so 'n geval as jy daarbo in charge was!

Dit gebeur ook soms dat 'n wind hard ontsnap as mens bid. Ek voel dit moet nie teen jou tel nie, want jy kan dit tog nie keer nie, veral as jy sousboontjies geëet het. Dis tog natuurlik, dis hoe die mens gemaak is.

Die ergste is miskien as jy vloek in die gebed. Want soms bid jy vuriglik en driftig. Hierdie dinge bekommer my nogal, en ek sal bly wees as jy kan raad gee.

By voorbaat dankie,

Varkspek 

 

  • 6

Kommentaar

  • Mooi so Varkspek! Jy het ons almal laat glimlag, selfs die hemel. Jy is werklik 'n goeie voorbeeld van iemand wat aards of hemels, redeneer.
    Jan Rap is voorwaar sout as dit by taalsuiwering kom. Ek respekteer hom daarvoor.

  • Die opregte gebede word gesif. Dit word in "bakkies" geplaas. Dit is soos wierook vir die Almagtige.

    Hiervan kan jy verseker wees, gemors sal nie daar land nie!

    Raed-na-Gael

  • Varkspek
    Iewers sê die psalmdigter die Here weet wat jy wil hê nog voordat jy vra, so die Here sien in die verborgene, lees jou gedagtes. En jy is tog vir seker daarvan bewus dat mens se gedagtes nie in 'n taal is nie.
    Dit is egter wel so dat jy nie tien uit tien gaan kry as jy Engelse woorde in jou gebedjie insluit nie want die here hou nie daarvan dat die mens goed verniel nie, nie kar nie, nie jou taal nie en veral nie jou hond of enige van die res van jou gesin nie.
    Ek is oortuig daarvan dat dit nie teen jou tel as jy poep terwyl jy bid nie maar dit hang van jou af. As jy voel dis verkeerd sê askies en begin oor. Dit sal natuurlik teen jou tel as jy aspris poep, veral gedurende 'n biduur en jy ontstig op hierdie wyse dan die ander biduurgangers.
    Vloek, of liewer swets, maak nie saak nie; as jy driftig en of vurig is is jou gedagtegang in elk geval van so 'n aard dat, sou jy jou gedagtes verwoord, daar 'n kragwoordjie sou uitkom om sodanige gedagtes akkuraat oor te dra (maar soos ek jou gesê het jy hoef nie eers in woorde te bid nie; die Here ken jou gedagtes).
    Om mee af te sluit, volg Maya se raad naamlik wees altyd respekvol en net jy sal weet wanneer jy nou respek oorboord gooi en voor-op-die-wa raak. Maklik.
    Groetnis
    Die uwe
    Jan Rap

  • Varkspek. Ek dink ons Hemelse Vader kan tot Ingels praat en verstaan. Ek dink die Ingelse gebede word ook verhoor.

  • As ek AG Visser reg lees, het God net twee tale geken, en dit was Hoog-Galdees en Aramees, want almal moes toe ook maar tweetalig wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top