Jan,
Of die medisyne gewerk het of nie, en of die Sangoma geweet het dit gaan nie werk nie, is nie ter sake nie.
Die feit is, hy het die myners aangemoedig om die polisie aan te val deur vir hulle die toormiddels te verskaf en daarom is hy, myns insiens, medepligtig. Dit is al lankal nodig dat die houvas wat die sangomas op die mense het, verbreek word.
Natuurlik is daar swak bestuur aan alle kante en moes die tragedie nooit gebeur het nie. Ek glo die myn moet die besoldiging van die verskillende soorte werknemers publiseer, met tipiese voorbeelde van aftrekkings, sodat die publiek self kan oordeel. Ek vermoed die myners is nie bewus van hoeveel hulle aan belasting betaal nie, en daar is seker ook lenings en voorskotte betrokke, wat die netto maandelikse of weeklikse besoldiging ver laat sak.
Van daardie mans doen gevaarlike werk diep onder in die myn. Ek self sal nie daar wil werk nie, al betaal hulle my ook wat.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
"Ek self sal nie daar wil werk nie, al betaal hulle my ook wat." Ek stem, en het baie ander dit ook hoor sê, maar daar is tog n belangrike verskil tussen "ons" en "hulle". "Ons" kies om nie daardie werk te doen nie, miskien omdat ons ’n keuse het (alhoewel ek glo dat daar vir hulle ook ander keuses is). "Hulle" kies om die werk te doen, maar nie teen die werkgewer se besoldiging nie, hulle wil self besluit oor die betaling, en soos stout kinders wat nie hul sin kry nie, gaan hulle dan soos barbare tekere. Daardie laaste stap, die barbarisering van die situasie, is juis die ding wat "ons" nooit sal doen nie. So my simpatie vir hulle is zero.
Terloops, en stem heeltemal saam oor die sangoma, om die waarheid te sê glo ek die polisie moet klopjagte uitvoer op alle sangomas en indien hulle enige menslike "muti" kry, die sangoma op die plek teregstel, want dis iemand se kind daai.
Ek wonder of hulle tyd gekry het om die "muti" by die mediese fonds te eis voor hulle geskiet is.