Jan Rap se

  • 0

The eye of man hath not heard, the ear of man hath not seen,
man’s hand is not able to taste, his tongue to conceive,
nor his heart to report, what my dream was. I
will get Peter Quince to write a ballad of this
dream: it shall be called ‘Bottom’s Dream’, because
it hath no bottom …

Hello,

Daar is vele uitsprake in Jan Rap se briewe wat die wenkbroue laat lig en net soos “koos sas” het die opmerking dat jy nie in jou taal droom my ook opgeval en was die reaksie in my gemoed en nie in ’n brief verwoord nie, watter loutere onsin.

Die Bottom is natuurlik Nick Bottom en nie ’n poging om platvloers te wees. Die woordspeling is natuurlik duidelik, “‘Bottom’s Dream’, because it hath no bottom”, die onuitputlike ontledings wat in ’n droom moontlik is. Die deel waarop wel gefokus word is dat daar wel ’n Bottom is in die droom van Bottom, Nick Bottom om presies te wees.

Jan Rap se droom het “at the bottom”, ’n Jan Rap, net soos die drome van Wouter Ferns, “at bottom”, ’n Wouter Ferns het.

In watter taal speel, Jan Rap, Wouter Ferns, Nick Bottom, se bewussyn af.

Bottom se droom is slegs ’n verlenging van wie Nick Bottom is, daarom kan dit aanvaar word, en nie gebaseer op ’n direkte kennis van Nick Bottom nie, maar ons eie ervaringe, die drome wat in die aand gedroom word, is ’n verlenging van wie jy deur die dag is.

Indien Jan Rap, Jan Rap deur die dag is en William Shakespeare in sy drome, dan is dit hom beskore, die gode glimlag vir hom, vir die res bly ons maar die gewone ou self, wakker of aan die slaap en in verhouding tot hierdie deelnemer is dit Afrikaans.

Lekker slaap en nag almal.

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top