Jan Rap se onlogiese christen-logika op 28 April

  • 2

Jan Rap, vir iemand wat al hoog opgegee het oor sy eie logika, vaar jy nie baie goed in hierdie skrywe van jou nie. (Kommentaar op Dirk Rigter se JC brief, 28 deser.)

Eerstens sien ek jy verwar christen-wees en wit-wees met mekaar. Jy skryf: “…Toe hierdie nog ’n christenland was …’’ Ons almal weet egter jy bedoel… “toe hierdie nog ’n wit land was…”

Tweedens: Hierdie was nog nooit ’n land met net wit mense nie. Het jy nooit ooit, toe jy ’n kind was, of groter was, swart mense in dié land gesien nie? Regtig nooit nie?

Derdens stel jy christen-wees gelyk aan “sendelinge en Jehova-getuies”. Al die Gereformeerdes en Hervormdes en AGS mense en NG mense en Sioniste en al die honderde ander christen-denominasies gaan vreeslik beledig voel dat hulle sommer so goedsmoeds deur jou uitgesluit word uit die christen-definisie.

Vierdens: Wanneer en waar het jy ’n samekoms van ateïste op ’n Sondag of enige ander dag gesien met ’n prediker en ’n kerkraad en ’n gemeente waar ateïsme of een of ander “missie” verkondig word? Wie se kerkklokke hoor jy Sondae lui?

Ten slotte, is dit nie insiggewend dat ’n christen en kampvegter vir Afrikaans soos jy, vir andere met die  fuck-woord toesnou nie? Jy’s mos die GROOT kla-gat oor die sg “onsuiwer” Afrikaans op RSG en KykNet en waar ook al. Hoekom sê jy nie vir my en ander wat soos ek dink ons moet loop naai nie? Omdat jy nie die balls het nie, nou hardloop jy soos ‘n hanskakie na Engels toe met “ fucked up big time man”. Hel dis awesome en great van jou! Lank lewe jou soort Afrikaner!

 

  • 2

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Dit is verbasend met watter gemak sommige (meeste) van julle ateïste mense se woorde kan verdraai en tot konklusies kan kom, wat niks met die inhoud van die skrywer se briefinhoud te make het nie, net om julle eie verwronge storie te pas. Kyk nou weer hierdie storie hierbo - dit is asof jy nie kan begryp wat Jan Rap skryf nie en dan maar jou eie storietjie probeer opmaak. En dan nog daarmee probeer 'brownie' punte verdien by wie ookal bereid is om sulke snert wat jy opdis, op te eet, natuurlik met die nuutste modegier(of is dit nou geur) - die rassesous.

  • Beste Dirk Rigter,
    Man, jy het die heppie-kleppies uitgelaat en wat van die voorvadergeeste-aanbidders? Hulle is ook mos Christene. Jy het nou wel gesê ander christen-denominasies, maar hierdie twee sal gekrenk voel as jy hulle nie by name noem nie.
    Jy laat my dink, moet ons nie maar 'n ateïs-gemeente stig nie? Dink net aan ten minste al die inkomstebelasting wat ons gaan spaar. As ons Mercs verlede jaar se model is, dan hou ons net 'n fondsinsameling en basaar. Baie Christene sal by ons aansluit as ons net so 'n gratis dop nagmaalwyn na die diens aanbied.
    Dirk, jy moet darem nie so hard wees op Jan Rap nie. Hy is 'n ou pêl van my hier op SêNet.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top