Jan Rap se groter leuen

  • 0

Hello

Dit is ’n nog groter leun, om ’n ideologie van ontkenning die norm te probeer maak, en soos met moeite aangedui is, is die rekord daar. Dit is daarom verstaanbaar dat Jan Rap die rekord sal probeer diskrediteer. Die wat egter met waagmoed en eerlikheid met die rekord kan omgaan sal ’n helderheid van visie ervaar wat ’n Jan Rap en ’n Comestor nooit beskore sal wees nie.

Om die New York Times te probeer diskrediteer, met die volgende stelling, “hou net in gedagte dat berigte koerante (veral die New York Times) deur joernaliste geskryf is en nie geskiedskrywers nie. Joernaliste skryf in opdrag van die redakteur wat op sy beurt ook maar moet luister na ’n raad (aandeelhouers) of iets”, maak dit duidelik dat Jan Rap nie ‘n idee het hoe ‘n koerant werk nie.

‘n Koerant word gereeld “the first draft of history” genoem.

Die rede daarvoor is eenvoudig, die joernalis is in die voorste linies waar daar ondersoek gedoen word soos dinge gebeur en dit opgeskryf word, feite bevestig word en die stand soos dit was opslag geneem word.

Daarom is ‘n betroubare nuusblad van onskatbare waarde, dit is die enigste beskerming wat daar is teen die verdraaiings van ‘n Jan Rap, ‘n Ran Doodt, en ‘n Comestor.

Vanaf daardie eerste weergawe word die geskiedenisboeke geskryf, of die aktuele boek wat die oorlog in Irak te boek stel of die krisis van 2008 of soos Joseph Lelyveld wat ‘n geskiedenis oor apartheid geskryf het.

Die versugting is soos altyd, is dit die beste wat Jan Rap kan doen, met hierdie lompe “Joernaliste skryf in opdrag van die redakteur wat op sy beurt ook maar moet luister na ’n raad (aandeelhouers) of iets”.

So die aandeelhouers het die vertelling van die geskiedenis soos verwoord in die argiewe voorgeskryf.

Is dit hoegenaamd ‘n ernstige stelling wat met erns bejeën kan word. Wat sal die stelling soos gemaak deur Jan Rap in die praktyk beteken. Dalk kan dit verduidelik word.

Dit is glad nie ‘n ernstige stelling, maar dit is hoe laag daar gedaal moet word om ontkenning moontlik te maak.

Skokkend die ontkenning, die groter leun.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top