Jan Rap se gegryp na strooihalms

  • 0

Wie is nou die een met “there’s a hole in the bucket”-redenasie. Dit blyk jy wil hê ek moet Rooi Daantjie steeds in die kollig hou. Nouja, ek doe so voort.

Jy sê ek beantwoord nie jou vra nie en sê: “Een waaraan ek nou vinnig kan dink is jou stelling dat Dan beweer het dat as jy die mense nie werk gee nie hulle sal verkas na die plekke waar hulle wel werk kan kry”.

Verder sê jy indien ek jou nie beantwoord nie, is die gevolgtrekking dat Rooi Daantjie reg was en ek aan hom ’n verskoning verskuldig is. Om te dink ek het jou intelligensie hoër as dit geskat het!

Om vir die leser weer die prentjie te skets: Rooi Daantjie het ’n volkstaat-model aangebied wat strek vanaf Pretoria tot PÊ. In sy rubriek het hy gesê dat blankes reeds 40% van die bevolking daarvan uitmaak, en om meerderheidsbesetting in die gebied te kan bekom, moet blankes werk van die swartes weerhou, wat outomaties na ’n uitvloeisel van swartes na ander gebiede toe sal lei en wat in die proses outomaties Afrikaner meerderheidsbesetting sal bewerkstellig, en voila daar het jy jou kits-volkstaat.

Ek het sy 40%-stelling op die internet met Statistiek RSA per metropool in die voorgestelde gebied nagevors. Die feitlike persentasie is gemiddeld 18% blankes wat die Engelse insluit. Werkloosheid is gemiddeld 40%.

Die feit dat daar reeds ’n groot werkloosheidsyfer in die gebied bestaan, en hierdie werkloses verkas nie na ander gebiede nie, in sigself maak Rooi Daantjie se stelling ongedaan. Diegene wat in die 18% blanke diens is, indien hulle ook hulle werk sou verloor, waar dink jy gaan hulle elders in die land werk kry? Indien nie, sit hulle net waar hulle is.

Om mense aan die beweeg te kry, moet daar ’n arbeidsleemte elders in die land ontstaan soos die geval was met die Wes-Kaap ten tye van die ekonomiese ontploffing daar, wat Xhosa in hulle honderde duisende soontoe laat trek het. ’n Soortgelyke situasie bestaan nie elders in die land nie.

Inteendeel, Rooi Daantjie met sy wanvoorstelling (leuen) van bestaande 40% Afrikaners bevolking in sy voorgestelde volkstaat is aan Afrikanerdom ’n verskoning verskuldig!

Jan. Vra maar soveel vrae aan my wat jou oor my kwel. Ek sal hulle beantwoord, maar moet my asseblief net nie probeer manipuleer nie, ek is te slim vir jou daarvoor.

Wat my oor jou laat verbyster is hoe jy alles wat Rooi Daantjie sê, maak nie saak hoe belaglik van sy stellinge is nie, jy sal al jou energie vermors om hom stuk by stuk te probeer verdedig. Die man is dit nie werd nie. Hy heul “Afrikaner-volkstaat”, maar bly liewers self tussen die Engelse. He doesn’t even put his money where his mouth is!

Jy sê verder: “Jaco, dis nie Christelik (of Islamities of Boeddhisties) om iemand te minag nie.” Wel. Ek is skoon verbaas dat jy teen hierdie tyd nog nie agtergekom dat ek nie ’n gelowige van enige godsdiens is nie, veral waar hulle sedes preek maar die teendeel uitlewe. Rooi Daantjie is nie so prontuit soos ek nie, maar hy toon minagting deur middel van woorde, soos slapgatte; verraaiers; meelopers; joiners; ens. Wanneer hy oor FW de Klerk en Roelf Meyer skrywe, sy minagting van hulle is maar dun versteek. Haai, ek wonder wie ook hier op die Net sodanige woorde gebruik en daardeur minagting toon?

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top