Beste Jan
Jy skryf: “Jy het nou in hierdie reeks briefwisselings net opinies uitgespreek.” Wel ek laat hierdie stelling aan die lesers oor om hulle eie gevolgtrekkings te maak wie van ons twee het feitlik al dan nie geskryf.
Jy vra my om te se hoekom ek Rooi Daantjie minag. Ek antwoord FEITLIK. Nie enig een van hierdie feite het jy ontken nie. Net absurd gevolgtrekkings gemaak soos bv: “Jy pluk ’n lat vir jou gat met jou melodramatiese” en “... terwyl mede-Afrikaners in Angola sterf ...” en “Indien meer se oë destyds oopgegaan het, was honderdtalle (is dit dalk in die duisende?) boere nie op hulle plase vermoor nie” – met ander woorde, jou gevolgtrekking is dat die Angola-oorlog ’n direkte oorsaak van vandag se plaasmoorde was. Tsk-tsk. En jy wil praat van debatvoering!
Jy is tjoepstil oor AfriForum se bewese suksesvolle doen en late in vergelyking met praatsieke Rooi Daantjie se absolute gebrek aan bewese dade ten gunste van Afrikaner-belange.
In al ons onlangse briewe wisselings het jy geen teenfeite geopper nie, wel opinies, ontwykings en gevolgtrekkings.
Jaco Fourie

