Jan Rap, moet nou nie my pret kom bederf terwyl ek dit so geniet nie, man!
Jy praat van die man speel ipv die bal, maar Kobus de Klerk is dan al jare lank besig om mense hier gruwelik te beledig, dan nie? Ek sien hy vaar nou weer uit teen die evolusieleer en swart gate, dinge waarvan hy niks weet nie, soos al talle male bewys is deur kundiges. Hy gaan maar volgens wat hy hoor en gryp dit aan as "wetenskaplikes" iets daarteen sê. Nou, as ’n ware wetenskaplike (nie die soort met een hand op die bybel nie) iets daarteen sê, aanvaar ek dit. Maar dit beteken ook nie dat daardie wetenskaplike die hele teorie verwerp, soos Kobus graag wil hê nie.
Jy praat van allerlei slimmighede onder die antieke volke. Van Otzï (spelling?) weet ek niks (nog nie geGoogle nie). Maar ek wil jou amper wed daardie slimmighede het nie voorgekom onder die Israeliete in Egipte, in die woestyn en later in Israel nie. In elk geval, as iemand ’n slim gebou oprig, beteken dit nie hy weet iets van filosofie, godsdiens of politiek nie. Kyk maar watse snaakse gelowe het daardie mense beoefen, en het hulle nie ook menslike offers gebring nie?
Nou probeer die man dit ook goedpraat dat sy god opdrag gee om mans, vrouens en kinders te dood (’n tienjarige seun is volgens hom dodelik met ’n swaard!) en slawe en vrouens weg te voer, ens, ens. (Ek het nie al die briewe by my nie, so ek praat onder korreksie). Hy vergelyk dit met moderne oorloë, waar ook wrede dinge gebeur het. Maar het sy god dan nie beter geweet as die moderne mens nie?
Nee wat hulle raak net ’n klomp snert kwyt, ek steur my nie aan hulle beledigings nie.
Al sit hulle naderhand die hele sinode van die NG Kerk op my, en dit lyk of dit kan gebeur want hulle geledere raak al sterker, sal ek my nie steur aan mense wat die bybel aanbid asof dit die woord van hulle god is nie.
Heiden


Kommentaar
As Heiden en Angus nie hul spirituele intelligensie uit dieselfde tepel suig nie, dan is ek die silhoeët op die fiets wat voor die maan verby vlieg ...
Uiteindelik begin jy lig sien Heiden.Dis 'n positiewe stap om jou nie verder te steur aan mense "wat die Bybel aanbid asof dit die woord van hulle G_d is nie"
Jy sien, hulle steur hulle nie vir 'n oomblik aan jou nie.
Voorspoed
Duitswester
Jy is totaal verkeerd, kyk na my vorige briewe, dan sal jy sien hoe val hulle my aan met skuim om die mond van kwaadgeit.