Jy het mense kwaad gemaak - lees die kommentaar onderaan jou brief. Nou’s ek bang om ook weer iets te sê, netnou slaat hulle my.
Maar ek kan darem sê ek vind min fout met jou brief, die "bantoestans" was wel histories agterlik (onontwikkel) en regerings voor die NP kon ook meer gedoen het. Maar dis nou te laat vir trane, die swartes is in beheer en kwaad vir ons. Net so kom "klein apartheid" al van vêr af en het die Britse regering aan die Kaap destyds al paswette ingestel.
Die wêreld het egter besluit dis alles die ou Nasionale Party en die Afrikaners se skuld, want ons het laaste aan die koek geëet voor ons uitgevang is.Ons kry nie eens kans om dit af te sluk soos hulle ons kasty nie, en ’n mens kan nie goed stry met ’n stuk koek in jou mond nie.
Groete en sterkte,
Varkspek

