Jan Rap, jy verwaarloos my

  • 1

Jan,

Ek het die oplossing gevind vir die raaisel met die horlosie. Ek het dit die 9de afgestuur voor twaalf die middag, maar dit het eers die 11de verskyn. Boonop verskyn dit nie tussen die dag se briewe nie, net in die argief. Waarom díe dinge, weet ek nie.

Nietemin, dit is daar en dit is korrek, mens moet net die berekenings verder neem om by 5.454545 uit te kom, want die uurwyster hou aan beweeg. En ek het die oplossing met logiese redenasie gevind, let wel, met net ’n klein bietjie syferwerk daarby.

So, ek voel jy moet my nou erkenning gee, en ophou om jou IK-toetse op my te probeer.

Vir Chris Dippenaar: Ek dink die belangrikste om op te let is die tyd wat verloop het. Maak nie saak hoe groot die horlosie se "gesig" is of hoe lank die wysters is nie, die tydsverloop bly dieselfde.

Groete,

Heiden

  • 1

Kommentaar

  • Heiden,
    Ek het Saterdag al kommentaar gepos op jou oplossing maar ek sien dit nie hier nie (tensy al die briewe nog nie nou, amper 4-uur, geplaas is nie.
    Groetnis

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top