Jan Rap – jou vrae

  • 0

Beste Jan

Ek het gesê ek beantwoord jou vrae, mits jy my nie probeer manipuleer nie.

Jy vra: “Nou ja, twee vrae vir jou voor ek afsluit: 1) Wat is dit wat jou sekere mense as “regse gekkegrens” laat etiketteer en 2) Wat doen Dan wat jou so die hoenders in maak?”

1. Ek het by herhaling in vorige skrywes genoem, ek skryf oor Praag in Praag se eie trant van joernalistiek, wat insluit beledigings van mede Afrikaners, nl (slapgatte, sikofante, patete, verraaiers, meelopers, joiners, ens); die ad homonimiese benamings – iets nuuts van jou geleer, dankie, nl (Botoxzille, ANC Lite, ens), in my geval “Rooi Daantjie”; Afrikaners wat nie met Praag se politiek inval nie word als “Liberals” deur die bank geëtiketteer, dus my weergawe in sodanige trant nl: as “regse gekkegrens”. Jy self skryf aan my in die eerste persoon en beledig my as liberaal: “was ons nie nou in die gemors wat al JULLE libberils so ywerig besig is om goed te praat nie”. onderskraag presies wat ek hierbo sê. Praag hou nie daarvan wanneer hulle die ontvangkant van hulle eie styl van skrywes is nie.

2. Is reeds beantwoord. My volle skrywe oor “Die manewales van Rooi Daantjie” is my antwoord, en meer as dit gaan jy nie kry nie. Ek het ook bygevoeg: “Maar Jan as jy nie my redes vir minagting van Rooi Daantjie in bogenoemde kan gewaar nie, dan bly jy maar siende blind, welke siekte ek geen genesing voor te vinde het nie”.

Jaco Fourie 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top