Jan,
Ek het nou, na ek ernstig oor die saak besin, gebid en 'n paar doppe gedrink het, met 'n redenasie gekom waar ek so byna-byna op jou syfer afkom.
Dit werk so: Vir die lang wyster om van 12 tot 1 te beweeg, neem 5 minute, dws 300 sekondes. Die kort wyster beweeg teen een-twaalfde van die spoed en een-twaalfde van 300 is 25 sekondes. Dit is dus .416666 minute. Maar die kort wyster het in daardie .41666 minute nog 'n baie klein entjie verder beweeg, dws een-twaalfde van .416666 = .034722.
Tel nou die twee bymekaar en jy kry .451388, dws 5.451388.
Maar natuurlik, al twee wysters hou die heeltyd aan beweeg en dit lyk my die ding gaan nooit end kry nie!
Groete,
Heiden


Kommentaar
Hello Heiden
Die feit dat altwee wysers beweeg het my ook gepla. ’n Moontlike oplossing is om nie te kyk na die horlosiegesig self as deel van die afstand wat afgelê moet word nie, maar eerder na die afstand tussen die wysers. Maw, beskou die kort wyser as stilstaande in verhouding met die lang wyser, met ’n afstand van, sê 5cm. Die spoed van die lang wyser sal effens stadiger wees as normaalweg, maar steeds vinniger as die van die kort wyser. Die afstand van 5cm word afgelê solank dit die geval is. Dis wanneer jy die gesig van die horlosie wil akkommodeer in die oplossing dat dinge skeef loop. Wat dink jy?
Chris