Jan Rap, dalk hoop vir Afrikaans?

  • 1

In die Beeld-koerant se internetuitgawe van 20 Desember verskyn daar 'n blits elektroniese opname met die volgende vraag:

"Doen jy moeite om suiwer Afrikaans te praat?"

Die volgende opsies word gegee, met die resultate tot dusver:

- Ja, ek doen my bes 52% (3727 stemme).

- Ek probeer, maar sukkel 28%

- Dis nie vir my belangrik nie 21%

Die stelsel werk só dat elkeen net een keer kan stem, dus is dit redelik betroubaar.

Moet ek aflei dat Afrikaans sal survive?

Groete,

Varkspek

  • 1

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Ek hoop Varkspek is net moedwillig met sy gebruik van die woord "survive". Dit is verblydend dat een van die Afrikaanse hoofstroomkoerant blykbaar uiteindelik besef dat Afrikaans, veral as spreektaal, besig is om in 'n gemors te ontaard. Sedert ons veelgeroemde oorgang na demokrasie het agting vir die taal gekwyn. Om daarmee te mors, het 'n gewilde deel van ANC-gedienstigheid geword. Dit word gevoed deur kragtige massamedia, soos die radio en televisie, wat (met die uitsondering van Radio Pretoria) verseg om Standaardafrikaans te koester. Enkele jare gelede het die Afrikaanse taalkundige Jan Vorster oor die radio beweer dat niks gedoen kan word om die gety te keer nie. Daar is egter ander taalkundiges, soos Jaap Steyn, wat groot lof vir die taalgetroues het. Ek is een van hierdie Gideonsbende.

     

    Johannes Comestor 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top