Jan Rap / Anton Barnard – alias van mekaar

  • 0

Dis nie net julle wat op veronderstellings geregtig is nie. SêNet kan ook nie met sekerheid bepaal of julle nie een en dieselfde is nie. Met twee verskillende e-posadresse kan tot ander veronderstellings tot gevolg hê. Anton het dit juis uitgewys toe hy toentertyd Afrikaan daarvan beskuldig het dat hy ook ’n ander skuilnaam gebruik (kan nie meer onthou watter een dit was nie) ten spyte van die moderateur se versekering tot die teendeel.

Die feit dat Anton nie sy tyd met my wil mors nie, en tog my onlangse brief gelees en daarop kommentaar gelewer het, verskaf die moontlikheid van een en dieselfde persoon. (Ironies het Anton vir jare tyd gemors om met Afrikaan te redekawel oor nietighede.)

Van die opvallende soortgelyke styl van redenasie onderling, haal ek die volgende aan:

1. Aanvalle op mede-Afrikaners. Ek praat nie van die Max du Preez-tipe nie, maar konserwatiewe alledaagse Afrikaners. Woorde soos “slapgat” ; “Afrikaner-gedienstigheid”; ens. (Daardie “Ek’s meer ‘superior’ houding as my mede-Afrikaners!)

2. Stel ’n vraag, wat onmiddelik met ’n verskanste antwoord beantwoord word. Feite is in die proses van minder belang, net solank die skrywer se propaganda aan die leser oorgedra word.

3. In verkope word dit die “Benjamin Franklin”-oudit genoem (’n “closing sales technique”). By wyse van punte stelling, plus en minus kolom opstel. Strategie soortgelyk aan “2” hierbo genoem. Daar word deur beide gemanipuleer dat die opponent altyd ’n nul behaal, of dit 0 uit 7 of 0 uit 10 is.

4. Dan die rookskerm-taktiek, waar gepoog word om aandag van die onderwerp af te lei deur antwoorde te versoek op onderwerpe wat niks met die onderwerp onder bespreking te doen het nie.

Tog gaan ek hieronder aan jou rookskerm strategie (wat niks met die Rooi Daantjie-onderwerp te doen het nie) voldoen.

Jan. Indien my taalfoute (rookskerm-aksie) jou ’n gevoel van meerwaardigheid verskaf, doe so voort. Dit pla my hoegenaamd nie. In my brief oor FW het ek erken my Afrikaans is nie van die wafferste nie, veral vergeleke met FW s’n, wat jy ook skynbaar nie kan fouteer nie. Ek gaan op my ouderdom (51) nie die moeite doen om taallesse te loop nie. Solank ek my boodskap oorgedra kan kry (met al sy taalfoute), is ek heel tevrede.

In ons sirkel-taaldebat sowat ’n jaar gelede, kon jy aflei dat my siening oor die taal nie pedanties is nie. Die Afrikaans van vandag gaan heel anders oor 20 jaar daar uitsien. Ek het nie ’n probleem met die insluip van Engelse woorde in die taal nie, veral tegniese woorde wat maklik oor die Afrikaner se lippe val nie.

Nou om dit eens en finaal vir jou uit te klaar. Ek het absoluut geen probleem dat publieke kommunikasie deur politieke partye uitsluitlik in Engels uitgereik word nie. Ek sal ook nie vir die VF+ stem net omrede hulle in Afrikaans kommunikeer nie. Daar is meer gewigtige sake als die taal waarin publieke kommunikasies uitgereik word. Gelukkig besit die oorgrote meerderheid Afrikaners genoegsame gesonde verstand om nie toe te laat om gemanipuleer te word nie.

Ek het ook nie ’n probleem met Afrikaner-besighede wat uitsluitlik in Engels adverteer nie. Hulle bemark nie net aan Afrikaners nie. Hulle sien om na hulle besigheids belange en besnoeiing van kostes om die grootste winsmarge vir hulself te bekom.

Die gebruik van Engels maak myself of ander wat dieselfde doen, nie minder trots om Afrikaner te wees nie. Of jy daarvan hou al dan nie, is nie ter sake nie.

Bygesê. Ek soos vele ander is optimisties oor die Afrikaanse taal se toekoms en groei. Indien ek oor swartgalligheid oor die Afrikaner en die Afrikaanse taal wil lees, lees ek Rooi Daantjie en die ander Praagkliek-lede hier op die net.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top