Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020

  • 0

Marjorie Wallace en Jan Rabie (foto: Amanda Botha)

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die sesde toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs.

Hierdie beurs, befonds deur ʼn ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil  hoofsaaklik ʼn belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ʼn jaar lank te fokus op  ʼn projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees.

Die beurs beloop R430 000. Dit word toegeken in die gees van Jan Rabie en Marjorie Wallace se werk en strewe ten opsigte van Afrikaans as die taal van ʼn breë gemeenskap.

Elke aansoek moet vergesel word van ʼn motiverende dekbrief, volledige CV, ʼn eksemplaar van onlangse werk, ʼn deeglike projekvoorstel met ʼn werkplan en beoogde teikendatums asook enige ander toepaslike inligting. Die dekbrief moet onder meer kortliks die aansoeker se rekord as skrywer uiteensit. Aansoekers moet ook ʼn aanduiding gee van reëlings wat getref sal word om vir die periode van die beurs voldoende tyd aan die beoogde manuskrip af te staan. Daar sal met die beurshouer onderhandel word om in die loop van die jaar op paslike wyse deel te neem aan konferensies, seminare, en/of die openbare lesingreeks van die Universiteit.

Verdere besonderhede en ’n meer gedetailleerde inligtingstuk kan aangevra word by me. Janine Pekeur, rabiewallacebeurs@gmail.com of 021 959 2112. Aansoeke moet die Universiteit teen Vrydag 4 Oktober 2019 bereik en kan gestuur word aan:

Prof. S van Wyk, Departement Afrikaans en Nederlands, Jan Rabie & Marjorie Wallace-Beursfonds, Universiteit van Wes-Kaapland, Privaatsak X 17, Bellville, 7535.

Elektroniese aansoeke kan gestuur word aan rabiewallacebeurs@gmail.com; aansoeke wat per hand afgelewer word, kan by Kamer D28 op die grondvloer van die Nuwe Lettere-gebou ingehandig word.

Die Universiteit behou die reg voor om nie ʼn toekenning te maak nie

(Foto: Amanda Botha)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top