Jan, nou is ek verpletter

  • 3

Jy sê die Here lees my gedagtes? Dan is ek in groot moeilikheid man! My gedagtes is dikwels onrein, hoe kan mens dan ook jou gedagtes suiwer hou as daar soveel mooi mense rondloop? Ek wonder of dit sal help as ek 'n helmet dra?

Nee, ek poep nie in die kerk nie, eintlik kom ek maar min daar. Ek gaan meesal net na die saal toe as daar 'n bazaar is, vir die pannekoek en poeding. Ek het laas gegaan toe my oud-taalonderwyser dood is, ek wou seker maak hulle begrawe hom.

Ek is darem bly vloek maak nie saak nie, want daar is soveel ontstellende dinge waaroor ek moet bid.

Groete,

Varkspek

 

  • 3

Kommentaar

  • Wat laat jou dink die gedagtes en begeertes wat jy koester ten aanskoue van mooi en wulpse meisies is onrein? Ontspan man, dis in die haak, doodnatuurlik.
    Ek was ook lanklaas in die kerk, ek hoor hulle sing deesdae Engelse liedjies daar. Verstaan mooi, ek propageer nie wegbly nie; jy kan nog steeds gaan as die verkragting van Afrikaans jou nie pla nie. Dit is ook sterk aan te bevele dat jy jou bydraes maak sodat die kerke orrels kan laat bou en die soort van ding, werk gee aan skrynwerkers en argitekte en so meer.
    Groetnis

  • Beste Varkspek

    Moenie worry nie.Ek is seker daarbo is ook 'n webvoet wat jou gebede soos jou skrywe hier op aarde taalkundig sal versorg en reinig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top