Jan Maarschalk en die meerkunde-wens

  • 0

Jan

’n Baie beskrywende vergelyking wat jy op wiskundig meetkundige vlak tref en natuurlik baie relevant.

Maar jou ongekwalifiseerde wens vir eenwees ter afsluiting is egter op ’n manier onhaalbaar … want die ellips sal nooit die reguit lyn word nie en ook nie andersom, nie. As hulle sou kon, sou hulle net weer eindig as verskillend – die reguitlyn as ellips en die ellips, as reguitlyn en was daar geen “vordering” gemaak nie. En as hulle een sou word, sou al twee onherkenbaar wees, iets wat geeneen van hulle nog ooit was nie, en in hul eners-eenheid van geen nut meer binne die euklidiese ruimte waarbinne hulle andersins sou funksioneer nie, want só is hulle ontwerp – die een om as reguit lyn te fungeer en die ander as ellips …

Maar tog is hulle in volkome harmonie en funksioneel in hul verskillendheid binne die euklidiese ruimte wat hulle deel – en is my wens dat Arabier en Jood en Suid-Afrika in sy rassesamestelling en ontwikkeling binne die divergente en gemeenskaplike elemente wat dit kenmerk, sal streef en word om daardie ruimte te deel soos reguitlyn en ellips – mekaar sinvol sal aanvul in hulle uniekheid en andersheid, omdat hulle enigste raakpunt is die God Wie hulle geskape het en dít wat gemeenskaplik daaruit vloei, elk vir sy doel en plek en funksie binne die “euklidiese” ruimte wat God daarvoor gelaat het.

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top