Jan, ken jy dan nie die Bybel nie?

  • 5

 Daar staan duidelik geskryf: "Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy os of sy esel, of sy 4x4, of wat ook al nie."  (Ek self stel natuurlik meer belang in die dienskneg, soos jy dalk weet.)

Verder, as jy die Bybel goed studeer, soos die storie van die Barmhartige Samaritaan, sal jy sien dat ALMAL jou naaste is.

Al die mooi vrouens/meisies wat jy sien, behoort aan iemand. As jy een wil begeer moet jy seker eers haar pa of haar man se toestemming vra, dan is dit seker nie meer 'n sonde nie. Maar oppas vir haar man, hy sal dalk nie hou van jou attensies op sy vrou hou nie en hy gee jou dalk 'n opstopper.

Die lewe is 'n mynveld en 'n mens moet fyn trap.

Groete,

Varkspek

 

  • 5

Kommentaar

    • Jy't 'n punt daar beet Griet! En watter man sal nou ongeskik wees en die buurvrou (naaste se vrou) se attensies ignoreer?

  • Varkspek ja, jy wys my nou op iets wat nogal 'n probleem kan wees. Al wat ek kan dink, die woord 'begeer' is nie die regte vertaling van die oorspronklike Hebreeuse woord nie.

  • Daar is niks mee verkeerd om te begeer nie. Dis nie immoreel nie, en ook nie onwettig nie. Moet net nie sommer vat nie!

  • Wat staan nou eintlik daar:?
    Jy moet respek hê vir jou ma en pa. Jy sal dan lank en gelukkig leef waar die Here jou laat bly.
    Jy mag niemand anders doodmaak nie.
    Jy moenie ontrou wees aan jou man of jou vrou en by iemand anders slaap nie.
    Jy moenie iets steel nie.
    Moenie vir ander mense lieg en hulle bedrieg nie.
    En daai een waaroor almal struikel.
    Moenie afgunstig raak op iemand anders se besittings nie. Jy moenie wens dat sy vrou of sy werkers, sy bees of sy donkie, eerder aan jou behoort nie. Jy moenie jaloers wees op die dinge wat iemand anders het en dink dat jy (of jy nou man of vrou is) dit eerder moes besit het nie (want Jesus het tog gesê as jy wens het jy reeds die oortreding in jou hart begaan).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top