JALOERSBOKKIES met Ashur Petersen (musikale regisseur), Jawaahier Petersen, Nedine Blom en 'n 5 stuk orkes
12 Junie
Die Boer Restaurant in Durbanville
Kaartjies- R100
Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 0111
Kom hou jou lyf Afri-Kaaps saam met die Jaloersbokkies op 12 Junie by die Boer in Durbanville tydens hul bekenstelling. Die Jaloersbokkies bestaan uit die super talentvolle Ashur Petersen (musikale regisseur), Jawaahier Petersen, Nedine Blom en 'n 5 stuk orkes.
![]() |
| FOTO: Nur Johnson |
Taliep Petersen se musiek leef voort deur sy kinders.Jawaahier en Blom het mekaar verlede jaar by ’n konsert ontmoet.“Ons albei se passie vir Afrikaans en die behoefte om iets nuuts op die Afrikaanse musiekfront te skep, was een van die groot motiverings vir dié projek,” sê Jawaahier. “Ashur het al my pa se musiektalent geërf en dit is vir hom die natuurlikste ding op aarde om ’n kitaar, trompet of watter instrument ook al te gryp en spontaan te begin speel en sing. Voeg ons stemme by en jy hoor ’n wenkombinasie.” Vir Jawaahier is haar droom bewaarheid om Taliep se liedjies te laat voortleef.
Stilsit gaan jy beslis nie met die klanke van trompet, saksofoon, basviool, banjo, multi harmoniese stemme en klavier. Die Jaloersbokkies se liedjielys sluit onder meer treffers uit die pen van Taliep Pietersen in soos "Dicky Buttonkop" uit die KykNet reeks Ali Barber , "Ons is vannie Kaap" , "Sarah de Jager" en Piekniek liedjie sing-along's soos "Tant Anna se hare", "Blommetjie gedink aan my", "Boomstraat" en vele meer. Die Kaap is weer hollands. Kom vier dit saam met die Jaloersbokkies!
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


