Waar: Die Boer Restaurant Teater in Durbanville
Wanneer: 29, 30 November 2013 om 20:30
Kaartjies: R120-00
Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 0111
Die jaar 2013 sal in die lewe van sanger, Jak de Priester, bekend staan as die “N1 van my hart” jaar. ‘n konsert met musiek van sy nuutste album, N1 van my hart. Plekke, mense, liefde, verlange en die “Fyn Lyn” tussen hero en zero! Maar ook ‘n jaar wat herinner aan goeie tye. Só anders as 2012, wat gekenmerk was deur trauma en verlies. Daarom is daar geen ander rede as om die jaar af te sluit met ‘n gejuig nie.
Beleef Jdp en sy gesoute pianis, Altus Muller, met songs en stories wat jou sal laat glimlag. Nuut en bekend, oud en onbekend, en dalk ook ‘n voorsmakie van wat mag voorlê in die nuwe jaar wat wink. Hulle skop af by Atterbury teater in Pretoria, gevolg deur die Wes-Kaap en dan Oos-Kaap!

