Daar is lankal sterk vermoedens dat Kobus de Klerk en Tant Alie een en dieselfde persoon is. As hy jou nie oortuig met slegsê nie, probeer hy die sagte manier om jou te oorreed, en voor jy dit besef is jy ook ’n Christen.
Moenie geflous word deur die alias "Aletta" nie, dis alles ’n verneukspul.
Jy is natuurlik heeltemal reg dat Christenisme ’n deurmekaarspul is, die bybel sê een ding hard en duidelik, maar die Christene gee ’n heeltemal ander uitleg en verduideliking. Daar is talle voorbeelde waar die wette van die bybel vandag geïgnoreer word, maar Kobus sal volhard om dit te ontken, al lieg hy ook soos ’n tandetrekker in die proses. Onthou hy was eens ’n prokureur, en al is hy van die rol geskraap, het hy niks van sy vaardige jakkalsdraaie verloor nie.
Groete en sterkte,
Heiden


Kommentaar
Beste Heiden.
Dankie vir die waarskuwing. Ek let veral op met betrekking tot jou laaste paragraaf. Met betrekking tot Tant Alie, is ek nie oortuig nie, maar kennis is wel geneem.
Lees my skakel getitel DIE “CHRISTEN” WAT GOD VIR ‘N LEUNAAR UITMAAK: wat hopelik more verskyn. Daarin het ek jou laaste paragraaf aangehaal
Jaco Fourie
Ag, asseblief tog, "Heiden", alias Cornelius Henn.
Jaco is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie. Hy is lankal bewus van al die pogings van rumours wat jy (Cornelius) hier probeer versprei oor my identiteit oor die jare. So obsessief in jou (Cornelius) se poging om Christene hier verdag te maak.
Hierdie is seker jou swakste poging tot op datum, Cornelius ("Heiden", "Sondaar", "Ronel", "Kolgans")
Eers was ek Evita Bezuidenhoudt, toe is ek Wouter se moeder. Daar is ook al deur jou voorheen beweer dat ek Kobus de Klerk se stertjie is. Nou is ek sommer Kobus se alias.
Ek lag lekker in my mou vir jou hopelose, hulpelose rondtastery in die donker. Jy kan net geensins insien dat ek bloot my Boodskap bring op my manier hier nie. Inteendeel, jy kan nie die waarheid in die gesig staar nie.
Dit is nou weer eens 'n poging om die deernis wat ek met Jaco getoon het te probeer omskakel in die een of ander vendetta. Jy is mos mal oor konflik, dit weet ons reeds, maar om nou weer 'n wig tussen my en Jaco te probeer dryf, is so tipies van jou absolute harteloosheid en jou perverse obsessie met twis en vyandigheid.
Skrik wakker en begin te fokus op jou eie probleme en jou dwaaleringe, soos deur verskeie mense hier uitgewys. DIt verg minder energie as om te staan en nonsens uitdink en mense teen mekaar te probeer opsweep. Werklik, jy het hulp, dringend nodig!
Aletta
Liewe Heidin
Jy is baie bang vir jou naam. Jaco laat hom in elkgval nie beinvloed deur "Alleta" nie.Hoekom hom dan nou kastig waarsku? Heidin jou poging hier is maar pateties. Dit gaan nie om Jaco te waarsku nie, maar dit gaan wel hier om Kobus sleg te maak. Hier is net een deelnemer wat die lesers kort-kort herinner dat Kobus van die rol geskrap is!
Henry
Heiden,
Dit is net vir my ongelooflik hoe jy, Jaco en sommige ander erkende ongelowiges, aanhou om die Woord van God aan te haal/te lees? – met die duistere en bose (in jou geval, onwetend dalk?) aangedrewe pogings om jul verdraaide, idiotiese en lasterlike wêreldse opvattings te probeer regverdig en daardeur julself op die skouer te klop met hoe julle skynbaar daarin “slaag” om die Woord van God sogenaamd “verkeerd” te bewys – sotlik so natuurlik – en eintlik net julself aanhou benadeel – omdat julle eenvoudig net nie verstaan nie en ook glad nie waaroor die esensie van ware gelowige christenskap gaan nie!
Julle kan Nie en Sal Nooit kan nie – julle verstaan nie God se Sowereiniteit nie, julle verstaan nie God se Woord nie, julle het Geen verhouding met Jesus Christus ons Here nie en dus lei julle aan totale Geestelike armoede. Weet julle dan nie dat menslike “wysheid” dwaasheid voor God is nie? Julle probeer al so lank om ware gelowige christene se geloof In Jesus Christus ons Here, wat op die Waarheid (die Woord van God) gegrond is En deur die Heilige Gees gevorm en geinspireer is, te bevraagteken. Dit doen julle deur julle absolute bes te probeer (julle faal egter elke keer jammerlik hierin) om naarstigtelik en onophoudelik en natuurlik met absolute bose bedoelings (soos die geval met satan en sy trawante) - die Bybel te deurkruis op soek na “sogenaamde” ammunisie teen die Ware Geloof in Jesus Christus.
Julle doen dit dan ook met die idee dat, as julle maar net (in julle dwaasheid) sou kon, enigiets kry in die Woord van God, wat julle op ‘n manier - in ongeloof en lasterlik so, nadat julle dit verdraai het om julle te pas – kan gebruik om jul vleeslike en wêreldse opvattings te regverdig, maar julle kan nie! En so sus julle (in julle self-bewysde totale onkunde) julle gewete en voer julle jul eie “ek” tesame julle vleeslike natuur (wat in opstand teen die Gees is) lekker vet. Maar helaas, elke keer word julle duistere en lasterlike opvattings en bedoelings blootgelê - deur die Waarheid - vir wat dit is - ‘n klomp verwronge, misgebakte en gebraakte wêreldse haat teen God, Sy Redding en die Waarheid van Sy Woord en ook teen elke ware gelowige christen wat in Christus is. Dit is werklik niks nuut nie en is dan al ook telkemale deur die eeue heen deur ware gelowige christene - en nou ook deur Kobus de Klerk, Henry en ander ware gelowige christene, wat net vir hul ware geloof in die Enigste Seun van God, Jesus Christus ons Here, Saligmaker en Redder, opstaan - bewys.
En dan karring jy net soos Cornelius aan Kobus de Klerk se skraping van die rol. Julle bewys daardeur net julle wêreldse en vleeslike opvattings, deur, onder andere, nie te kan vergewe nie – maar dan weet julle ook nie van beter nie – onthou, julle verstaan nie die Woord van God nie. As julle het, sou julle geweet het dat God vergewe Juis deur sy genade versoening in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons Here. Kobus de Klerk ken God en Sy Woord en het juis ‘n verhouding met sy Verlosser, Jesus Christus en het lankal – donkie jare gelede al - vergiffenis vir sy sondes (ook dit wat sy skraping van die rol veroorsaak het) ontvang – omdat hy dit al lankal bely het. Om die waarheid te sê hy (Kobus) het dit lankal vergeet, dit is maar net julle wat dit weer en weer ophaal in jul powere pogings om hom, as ware gelowige, van stryk te bring (julle faal hiermee herhaaldelik). Ek ken Kobus nie persoonlik nie, maar ek ken ware gelowige christene en dit is hoe dit is vir ons - ons erken ons sondes (soos aangedui in die Woord van God) en bely dit (elke dag) in opregtheid in ons Verlosser, Jesus Christus se Naam voor God ons Vader - met die wete dat ons vergiffenis ontvang juis deur Jesus Christus se verdienste aan die Kruis. Ons maak ook nie misbruik van God se Genade nie en word daarom deur Sy Gees gely om minder-en-minder te sondig (minder ons) deur meer-en-meer soos Christus te word (meer Hy). Julle as ongelowiges, egter, dra julle sondes met julle saam en staan daarom onder die oordeel van God omdat julle nie Sy Woord erken nie en nie glo in Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, nie.
Julle kan aanhou voorhou dat julle God en Sy Woord nie erken nie en daarom dink (onder die wanindruk verkeer) dat geen oordeel julle sal tref nie. Maar ons ware gelowige christene weet En eintlik julle weet ook (al is dit dan net heimlik). Dit is Juis daarom dat julle so naarstigtelik en onophoudelik julself en julle wêreldse wanopvattings en vleeslike begeertes, eenvoudig net moet aanhou verdedig deur, onder andere, die Woord van God te deurkruis, met die bose bedoellings en verdraaiings, om julself gekose wêreldse lewenswyse te regverdig.
Wat ‘n jammerlike en aaklige weg om op te wees!
Dolf
Dolf, Henry en Aletta (Tant Alie),
Weereens is dit 'n riem onder die hart om te sien hoe getrou julle vir die saak van die HERE in die bres tree, maar nie alleen dit nie, ook vir julle mede-gelowiges, soos dit hoort. Die Krag waarmee die HERE ons saamsnoer, is 'n Krag waarteen en waarvoor die wêreld van die agnostikus, die ongelowige, in watter vermomming hy ookal kom, geen antwoord het nie...
Wanneer daar op ons as gelowiges striemende aanvalle gedoen word, soos wat die agnostici maar gedurig doen wanneer hulle leuens en verdraaiings nie meer kan keer dat hulle tog maar met die rug teen die spreekwoordelike muur vasgekeer word, nie (want die leuen is mos magteloos teen die Waarheid), dan trek hulle op die persoon van die gelowige los, so asof dit die Boodskapper hoegenaamd skade kan berokken. Hulle strategie, hoe deursigtig en pateties ookal, is om die boodskapper te probeer diskrediteer, want hulle gebrek aan insig en kennis van die Waarheid laat hulle dink dat hulle op so 'n manier, die Boodskap kan ongedaan maak... wanneer hulle dit doen, weet ons, dit is weer sulke tyd vir hulle... Hulle is te insigloos om te besef dat die Boodskap Self, baie ver verhewe is bo die gebreke, tekortkominge en feilbaarheid van die nederige boodskapper en daarom altyd sal triomfeer, ten spyte van hulle, ten spyte van die boodskapper, selfs.
Tog, as hulle enigsins insig had en geweet het hoe dit met die ware gelowige werklik is, sou hulle nie sulke snert aanvang nie. Hulle sou besef dat sulke aanvalle net weer vir ons geleentheid bied om kragtig te getuig en om net nog beproewing te deurstaan, wat ons nader bring aan ons HERE, maar ook aan mekaar.
As hulle maar net kon besef, dat hulle aanvalle op my, wat al vir jare so aangaan, so nutteloos en sonder effek, is. As hulle maar net kon besef, dat die integriteit van die Woord en die Waarheid wat ons bring so ver verhewe is bo ons eie menslike feilbare integriteit en dus hoegenaamd nie deur ons eie feilbaarheid kan skade lei nie, maar eerder nog meer uitstaan as die perfekte verlossing wat die Evangelieboodskap van Christus die HERE, is.
En as hulle maar net kon besef dat, elke keer as hulle probeer om ons op ons menslike feilbaarheid te wys en ons die mond daarmee te probeer snoer, hoe dit opnuut weer vir ons geleentheid bied om, instede om die mond te snoer, weereens oor die verlossing en genade en goedertierenheid van ons HERE te getuig wat in sulke omstandighede ervaar, en wat ons so na aan Hom bring en so lief vir Hom maak!
Ter wille van Dolf, Henry en ander wat dalk nuut mag wees hier, en tog so getrou by hulle mede gelowiges staan, gee ek maar weer die skakels na my belydenis oor my skrapping as prokureur en volstaan dan daarmee. Sedert selfs lank voor ek hierdie belydenis in 2009 al gedoen het, probeer die arme dwase onverpoosd om my met my skrapping stil te maak, met al die verdraaiing en verfraaiing van feite vir hulle eie kwade doeleindes, kompleet soos ons hulle leer ken om te doen wanneer hulle nie meer weet watter kant toe nie en soos ons hulle gedurig sien doen met die Woord van God en die getuienis van die dienaars van God.
Hier is die skakels, indien julle sou belangstel om dit te lees - Deel 1; .Deel 2; Deel 3; Deel 4.
Groete, en mag julle die HERE se Vreugde smaak,
Kobus de Klerk