Jaco, 'n laaste woord

  • 1

Ek sien jy heg steeds baie waarde aan jou eie opinie, asof dit die allerwaarheid is. Jy begin al hoe meer klink soos Kobus de Klerk, geen wonder Jan Rap sukkel so met jou nie.

En jy is alweer heeltemal verkeerd. My homoseksualiteit is heeltemal versoenbaar met my geloof. Jesus het dit nooit veroordeel nie en ek kan talle redes noem waarom die Ou Testament se uitsprake daaroor verwerp kan word, so ook Paulus se gebrabbel oor die onderwerp.

Maar ek volstaan hiermee, dit sal nie help om verder met jou te redeneer nie.

Gay ou man

  • 1

Kommentaar

  • Gay ou man

    Jesus het dit nooit veroordeel nie" (dws Gay ou man se homoseksualiteit). Jesus het ook nie baie ander Bybelse sondes veroordeel nie, soos bv. moord of diefstal nie.  Glo jy as gevolg daarvan dat dit nou deur jou "Verlosser" aanvaarbaar is?

    Prontuit en voorheen deur my gesê.  Jy huigel erg.  Met watter maatstaf kan jy Jesus met homoseksualiteit versoen, behalwe jou verwaande wensdenkery.  Jy sou niks van Jesus geweet het nie, was dit nie vir die Bybel, die enigste bron wat hom as jou "Verlosser" beskryf, dieselfde Bybel wat jy honend verwerp. 

    Jy en ander gays wat die Christelike leer aanhang, se godsdiens is tevergeefs vir twee redes.  Eerstens omrede daar geen God is nie, en tweedens omrede homoseksualiteit erg teen die Christelike leer indruis.

    Jy eindig met: "Maar ek volstaan hiermee, dit sal nie help om verder met jou te redeneer nie".Ou!  Noem jy wat jy gebraak het "redenasie"? 

    Terloops.  I liked the final touch on the rebound, nl: "geen wonder Jan Rap sukkel so met jou nie". Wonder wat Jan daarvan dink dat hy ’n ondersteuner soos jy behom het?  Persoonlik twyfel ek hy daaroor gevlei voel.

     Eks ’n uitgesproke ateïs en ook gay daarby, en kan geen soort van geveinsheid verdra nie.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top