Ons het nou al 18 jaar gevorder vanaf 1994, tog kry ons mense, veral onder ons bruinmense wat nog nie seker is waar hulle in die gemeenskap inpas nie, dus hulle gedurige gehamer op “te veel blankes” (Yuri) in die ATKV, ens., of niemand gaan vir hom sê wat en wie hy is of waar hy moet bly, gebaseer op velkleur, soos onder die Aparheidstelsel nie (Christo van der Rheede). Altwee here maak hier wilde stellings. Christo van der Rheede, ek vermoed het Afrikaans as kind gepraat, tog moet hy sy mening in Engels op ’n Afrikaanse forum uiter. Indien Afrikaans nie sy huistaal was nie, vra ek hiermee om verskoning. Indien wel, beskou ek dit as ’n vorm van uittarting teenoor Afrikaanssprekendes.
Wat sê dit vir my? Hierdie twee here, indien ’n deursnit-refleksie van die bruin gemeenskap is, bly behep met ras, en ly aan ’n vervolgingswaansin, dus die gedurige aanslag op blankes. Komaan manne. Vandag se kriteria behoort te wees die persoon of persone wat die beste daartoe in staat is, moet aan die stuur van sake wees, ongeag die persoon se velkleur, taal, kultuur, geslag of seksuele oriëntasie, hier in S.A.
Maar om streng akademies te wees, Christo sê hy is ’n “African”, en almal wat “African” is het niks met velkleur te doen nie. “Africans” is almal, volgens hom, wat Afrika liefhet en in Afrika woon. Meneer. Vir ’n geleerde man, maak jy ’n ongeleerde stelling. Daar is nie ’n “African” volk of nasie nie, die naaste aan die benaming van Afrika op die hele kontinent, is die Afrikaner, die enigste, wat homself na Afrika vernoem het. Die woord “African” is ook nie ’n Apartheidbenaming nie. Dit is ’n internasionale term wat daarop gemik is om ’n spesifieke ras uit te ken, nl. die swart ras, dus het dit beslis met velkleur te doen. Selfs die swartes hier in S.A. wil nie as “Africans” uitgeken word nie, maar eerder as “blacks”, in Natal as Zulu’s (beskryf hulself as ’n hemelse volk en nie ’n Afrika volk nie). Die Amerikaanse swartes beskryf hulself as “African (black) Americans”. Die blanke Afrikaner wat in die VSA woon, sal hulle definitief nie as ’n African American aansien nie. Die Arabier van Noord-Afrika bly ’n Arabier en word geensins as ’n “African” in die internasionale gemeenskap aangesien nie. Dieselfde geld vir die pigmie van die Kongo. Hoe belaglik sou dit nie wees indien die Afrikaner homself as “European African” beskrywe het nie! Ten minste die Afrikaner weet waar sy lojaliteit berus, die “African Americans” nie.
Diegene wat kleurblind wil wees, bly naïef. Ras is onvermydelik ’n realiteit van die lewe en kan nie weggewens word nie. Elk ras afsonderlik, 'n vervolmaking in die natuur, behoort trots op sy eie ras te wees, sonder enige aanstootlike meerwaardige gevoel teenoor ander rasse.
Jaco Fourie


Kommentaar
Wat is die verwarring? Kyk in die spieel, as dit nie werk nie, vra jou ma.
Jaco, hier slaan jy die spyker op die kop.