Jaco Fourie en die hippies

  • 0

Jaco

Ware hippies was destyds baie opregte mense, so op hulle aweregse manier. Hulle het naarstig gesoek na hulle spiritualiteit en dit op allerlei wyses uitgelewe. Hulle was vir die beste part vredeliewende mense, “flower children”. Hulle het nie ander mense skade berokken nie, maar tragies genoeg, vanweë hulle gewoontes en persoonlike lewenstyl dikwels hulself.

Hulle groot musiekfees, Woodstock ’69, het bewys dat hulle nie net oppervlakkig só vredeliewend en meelewend was nie, maar werklik só – bykans ’n miljoen van hulle het drie dae en nagte lank in die grootse vrede en vreugde in die mees haglike omstandighede deurgebring en ál die musiekkunstenaars met luide gejuig en ondersteuning begroet, mekaar gehelp en oor die algemeen ’n baie positiewe boodskap uitgestuur die wêreld in. Hulle optrede het die hele wêreld met ’n glimlag laat vibreer – tot vandag toe.

Ongelukkig was hulle permissiewe persoonlike leefstyl as groepering, ook hulle ondergang.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top