Jaco Fouche en die skepping

  • 4

Jaco,

Dankie, vir jou openhartige brief.

Eers wil ek graag deel met die kwessie van die evolusie, wat jy aanspreek.

Ek dink die gelowiges wat die evolusieleer aanhang, doen dit omdat hulle mislei is deur die evolusioniste. Daar is wel sulke gelowiges, tragies genoeg. Maar, as jy ’n ware evolusionis met jou sienswyse nader, sal hy jou uitlag en agteraf waarskynlik beledig en verkleineer, as hy dit nie vir jou in jou gesig doen, nie. Vir die ware evolusionis bestaan die Godheid nie en alhoewel hulle nie weet waar die lewe ontstaan het nie, weier hulle om die Godheid as Skepper as ten minste ’n waarskynlike opsie, selfs te oorweeg. Waarom só? Omdat evolusie nie werklik wetenskap is nie, maar ’n sekulêre naturalistiese religie wat gedien en geglo word in die plek van God en Sy Woord en Heilige Gees – vra hulle oor die Heilige Gees in mense se lewens en hulle sal jou bespot en vertel hoe jy hallusineer en jou verbeel, want in hulle sekulêre naturalistiese religie van evolusie gepaard met agnostisisme (veral ateïsme) – want die twee gaan hand aan hand – is daar geen plek vir enige spirituele (hulle verwys daarna as ’bonatuurlike’) ervaring, nie.

Spiritualiteit is dus nie so 'bonatuurlik' nie, maar is natuurlik deel van die mens se geheelwese. Dit is omdat die Goddeloses die werking daarvan nie kan of wil verstaan nie, dat hulle dit as 'bonatuurlik' probeer afmaak.

Jy is dus, ongelukkig, ook mislei deur die oppervlakkige verskynsels van die evolusieleer, terwyl die besonderhede en doel daarvan, jou as gelowige, verloën. En daarmee word die God, die Skepper, van Wie jy ook wil getuig, verloën.

So, wat van die fisiologiese biologiese ooreenkomstige kenmerke tussen mens en diere?

Ons almal aanvaar dat daar talle fisiologiese ooreenkomste tussen mense en diere is en só ook gewerweldes. Maar, dit is te wagte, want in die Woord, in Genesis, word ons geleer dat God alles geskape het uit dieselfde grondstowwe – naamlik natuurlike elemente wat op aarde aangetref, word. Maar, God leer ons ook dat HY die soorte apart geskape het – en dít is waar die evolusieleer klaaglik faal. Hulle sal vir jou moet erken dat hulle al miljoene fossiele ontdek het, maar nog nooit kon hulle werklik oorgangsfossiele – van een soort na ’n ander, van die talle verskillende soorte wat bestaan, vind nie – omdat dit nié bestaan, nie. Maar dié fondse bevestig wel die Woord, Wie vir ons leer dat die soorte apart is en altyd was.

So ook met die mens en die ape, byvoorbeeld. Dit is te verstane dat daar baie fisiologiese ooreenkomste sal wees, omdat eers die diere en toe die mens, geskape is uit die aarde. Boonop is hulle geskape om dieselfde habitat te deel, maar die mens het, ten spyte daarvan dat hy nog altyd fisies die swakkere was, met sy God gegewe intelligensie oorleef en oorheers! Dus, die fossielrekord bevestig vir ons dat diere eers geskep is en mense later, nes die Woord in Genesis vir ons leer. Onthou dat Charles Darwin eers ’n teologie student was – hy het dus geweet hoe om sy ateïstiese evolusieleer se religieuse hipotese en filosofieë te plooi om nie die natuurlike verskynsels te weerspreek nie – en hoe die natuurlike verskynsels oorhoofs sou verloop, kon hy uit die Woord voorspel en het hy sy evolusie leerstuk geplooi om daarby in te pas. Die hipotese, wat God as Skepper volkome uitsluit, is steeds hipotese en kon na al die eeue, nie bewys word nie – want die Woord is waar en die evolusieleer is ’n leuen wat op die fisiologiese biologie teer om aan die lewe te bly.

As mens dus die Woord in ag neem, is dit te verstane dat daar báie ooreenkomste in die fisiologie tussen die verskillende skepsels sal bestaan – en só tref ons dit ook aan. Maar die Woord gaan vêrder – die mens is die kroon van daardie skepping met sy unieke en besonderse Goddelike gawes en vermoëns wat hul van die begin af van alle ander skepsels onderskei – en die biologies en antropologiese geskiedenis bevestig dit óók.

Dus, die Woord – na alles God se opgetekende Woord, deur die inspirasie van Sy Heilige Gees opgeteken - is die konsekwent betroubare, terwyl die evolusieleer al onherkenbaar verwring is om by die werklikheid te probeer tred hou soos dit bekend word. Jy sal sien – dáár waar dit werklik ’n verskil sal maak, by die sielkunde, psigologie, die metafisiese en die spirituele – dáár bly die evolusioniste weg want dar sal hulle moet toegee dat die mens nog nooit iets anders was as oorspronklik mens, nie – met Goddelike gawes.

Jy sal nie diere kry wat sielkundige probleme opdoen soos mense, nie. Hulle word nie deur demonisering geteister, so mense, nie. Dus, as mens uit dier geëvolueer het, sou die mens ook nie sulke kwesbaarheid hê, nie.

Van sielkunde gepraat – jy noem al die fisiologiese kenmerke van sielkundige werking maar al wat jy daarby moet bybring om dit werklik te probeer verstaan, is die spirituele oorsaak, daarvan. Dit is ook waar engele, demone en die satan, betrokke is. Aanvaar maar dat daar talle spirituele wesens bestaan wat jy nie kan sien nie (hulle is energieke wesens en jy kan elektrisiteitsenergie óók nie sien, nie) maar jy kan hulle invloed op mense wél sien (nes jy die invloed van elektrisiteit óók kan sien). God is die hoogste Spirituele Wese, die Begin en die Skepper van alles.

Die Heilige Gees van God, na Wie jy tereg streef, is juis die Allerheiligste Spirituele Godheid en HY funksioneer in Sy interaksie met ons, nié sonder die Woord, nie (Efesiërs 6:17). By diere vind ons dit mos glad nie. Dit is omdat die mens oorspronklik met daardie spirituele vermoë geskape, is (en die Woord bevestig dit - Genesis 1:26-27). Die evolusioniste het geen wetenskaplike teenvoeter daarvoor, nie.

Dus, respekteer gerus die Woord (soos opgeteken en aangevul deur die Heilige Gees) – die Woord het die manier om Sy essensie altyd reg te bewys, want die Woord is Waarheid – en dit gebeur met die werklike, feitelike bevindinge in die wetenskap en biologie (gestroop van die onsinnige onbewysbare hipotese), ook.

Jy strewe om nader te beweeg aan God en die Heilige Gees is prysenswaardig en wys. Moet jou nie onderweg laat mislei deur antagoniste van God en hulle leerstellings, nie – want hulle leerstellings is geontwerp en bereken om hulle Goddelose en Godloënende missie te dien en ander met ’n fineer van werklikheid te mislei - omdat hulle self ook mislei is en mislei wil wees.

Daar is ’n waarskuwing in die Woord – jy moet as gelowige op jou pos wees:

1 Petrus 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. 9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.”
Moenie probeer om jou spirituele vyand, die duiwel - satan en sy demone - te ontken, nie. Daar is geeneen so kwesbaar soos die een wat meen sy vyand bestaan, nie…

Jy kan nie die Woord sif, nie. Die Woord in die geheel daarvan is essensieel goed en waar. Dar sal uiteraard dinge wees wat jy nie verstaan nie – wees lankmoedig en getrou in jou geloof daarvan, want ek verseker jou dat jy mettertyd op jou geloofspad die antwoorde algar by die HERE, by die Heilige Gees, sal vind – dit is hoe dit werk.

Iemand wat op die Weg van die HERE bly, is inderdaad verseker van sy saligheid.

Terloops – jy haal Arthur C Clarke aan wat gesê het "toorkuns is net fisika wat ons nog nie verstaan nie" – dit beteken nie dat toorkuns nie bestaan nie, want dit bestaan (Spreuke 26:2; Deuteronomium 23:5), maar dit beteken dat jy (net nog nie) verstaan hoe dit werk, nie.

Moenie so sinies wees, dat jy selfs die Goeie Raad (die Woord) verwerp, nie. Dan werk dit teen jou – soos jy sê (net in ander woorde) – wat jy saai, sal jy maai (lees gerus meer daaroor by 2 Korinthiërs 2:6 en Galasiërs 6:7-9).

Groete en voorspoed op jou geloofspad.
Kobus de Klerk

  • 4

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Jaco,  

    En so is menige hart deur die ou grote Kobus de Klerk (en al die stemme in sy kop) aan "hul" aprioristiese spirituele intelligensie geweeg en te lig bevind.  

    (Jy sou seker al gemerk het dat Kobus gedurig na "ons" verwys as hy sy vloeke spreek. Kobus se "ons" is natuurlik niks anders as 'n hele bende demone se stemme wat hom in sy anderhaat in sy kop aanhits nie. Soms manifesteer Kobus se stemme ook as Alies, Henry's, Dolfs, ... en vele ander. Kobus glo in sy waan dat die stemme hom God gemaak het en dat hy daarmee oor 'n sogenaamde duiwelsgeestige insig - of te wel spirituele intelligensie beskik - en die werklikheid in ander se harte kan ken).  

    Jou teïstiese evolusiebeskouing val die ou grote Kobus se fundamentele kreasionisme natuurlik verby.

    Die punt is egter dat elkeen van ons by 'n ander mylpaal op ons weg in die lewe is en dat menige fundamentele onderdrukker op die werf gereed is om jou op jou pad te verskeur.

    Mag Jesus Christus onse God ons almal vergewe en teen die bose op ons weg beskerm.  

    Namaste!  

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Nou ja, asof ons  nie gewoond is aan Cornelius se insigloosheid, nie.

    'n Mens kan nie die geloof van 'n ateïs neem, daardie God-lose evolusie religie spesifiek daarvoor ontwerp om die Skepper van lewe te elimineer en dan daarvoor 'n lagie God-fineer oor te plak en dit dan 'n sogenaamde 'teïstiese evolusiebeskouing' noem, nie - 'n aap by enige naam en met enige klere aan is en bly steeds aap.

    Maar dit is presies wat Cornelius doen en ons het hom dit herhaaldelik sien doen hier op die forum  - hy neem mos bykans al die Godslastering en Godloënende religieë en probeer dit dan met 'n lagie fineer verfraai deur die Naam van die HERE daarvoor te misbruik... So maklik om in te sien wat Cornelius doen. Hy is net so ongelowig soos enige ateïs, dit sien ons uit sy Goddelose poespas wat hy as evangelie voorhou. Die misbruik van die naam van die HERE het nog nooit  die mens gelowig gemaak nie, maar bring 'n oordeel oor die misbruiker (Eksodus 20:7 g.m. Mattheus 5:33-37).

    En dan het Cornelius nou weer die manier (by al sy ander gruwelike maniere) om sy eie probleem, die sogenaamde 'stemme in die kop' - hy het mos al verduidelik dat hy 'n, soos hy dit noem 'komplekse psige' het - op ander te wil projekteer. Hoe verwerplik en ek verwerp dit ook.. Sal nie help nie, Cornelius, so sal jy nie van jou probleme ontslae raak nie. JY sal moet bekeer tot die werklike HERE Jesus Christus Wie se Naam jy so misbruik.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,

    Ek kan eerlikwaar nie anders as om jou van diep uit my ingewande jammer te kry nie.

    Jou rekord as gewetenlose godsdiensboef en huiskerkbende hoëpriester hier staan nes jou oneervolle stand in die regte lewe.

    Nietemin, ek voel inderdaad soos die posman wat hande viervoet vir 'n keffende brak staan en blaf.

    Al wat die ander sien is 'n hondegeveg.

    Ek't genoeg gehad.

    Dis dom en vernederend.

    Ek't 'n boodskap om te leef.

    Google maar jou onbevoegde, skuimende en aprioristiese spitrituele intelligensie voort in jou besete en demoniese waan waarin jy veronderstel om ander se harte te ken.

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.

    Jou amigo in Adam - Ekke

  • Kobus de Klerk

    Kyk na jou optrede, Cornelius - bykans al wat jy nog altyd kon doen is om skuimbek los te trek met teatrale snert teen al wat gelowige, is.

    Jy is maar net soos die ander agnostici - al waartoe meeste van hulle instaat is, is om sleg te sê op die mees kinderagtige manier. Jy is ook so, maar afstootlik teatraal en veel minder gesofistikeerd, veral  met jou woordeboek onder die arm (wat jy blykbaar in elk geval ook nie kan bemeester, nie). Jy is daarom erger as die posbode wat vir die hond staan en blaf - jy is vir my boonop so opgesmuk en ‘gesofistikeerd’ soos die plastiek lugdraad-lemoen op die windgat se kar.

    Dit is maar wat ment mense gebeur wat  die Naam van die HERE vir hulself probeer ploeg, soos jy al vir wie weet hoelank doen...

    Jy het genoeg gehad, sê jy? En boonop kan jy jouself in ieder geval nie beheer nie - dit weet ons wat jare al met jou aankom, mos al teen hierdie tyd.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top