Hello Jaco
Baie dankie vir die brief van jou kant af. Om te begin, ’n voorspoedige nuwe jaar vir jou en jou kring.
In verband tot die gesprek oor die doodstraf alhoewel die gesprek nie gevorder het nie, was die aard van die brief deur my geskryf volgens my oordeel versigtig aangebied en geensins om jou te probeer oortuig nie. Dit was grootliks ’n poging om die alternatief ook ’n spreukbeurt te gee, aangesien die begeerte vir doodstraf met soveel sekerheid aangebied is deur jou en ander.
Die kommentaar in die koerante was volkome aan jou kant wat die beeld van die “lynch mob” na vore bring wat juis die argument van my brief onderskraag volgens my oordeel en word jou opmerkings oor die motiverings van die hart se redes in oorweging gebring, maar sulke motiverings kan nie die grondslag van ’n regstelsel wees nie.
Hoe ook al, in Suid-Afrika in teenstelling met Sjina, is die galg nie meer in gebruik nie en is dit nou ’n museum soos van vroeg in Desember 2011.
Zuma, bevestig daarin die volgende:
I do not think there is justice in killing another human being," he said at the official opening of the revived Gallows Memorial at the Pretoria Central Prison.
"Quite often I hear commentators saying bring back the death penalty to combat crime. Our Constitution prioritises the right to life and dignity, and the good judges did well to abolish it."
Daarmee is ek in akkoord met Zuma en is dit in lyn wat deur ’n meerderheid van lande aanvaar word, en kan die woord, beskaafd, gebruik word. ’n Moeilike en ongemaklike woord in die beste van tye. Beskaafde lande weerhou hulself van die doodstraf.
Die volgende het ook my oog gevang in die tydperk wat bogenoemde debat gewoed het onderskraag hoe sterk die impuls teen doodstraf kan wees. In die EU word daar geweier om die VSA die nodige produkte te voorsien vir hulle teregstellings.
In June, Germany's Vice Chancellor Philipp Rösler, who was health minister at the time, said he was asked by then-US Commerce Secretary Gary Locke to help in the search for new suppliers of thiopental. "I noted the request, and declined," Rösler reported saying in response. He also wrote to German pharmaceutical companies asking them not to sell the chemical in the US.
Dit is opgevolg met die volgende wetlike voorskrifte ingestel:
According to a report published Monday in the daily Süddeutsche Zeitung, a new European Union regulation set to go into effect at the end of this week will prohibit the export of some barbituric acids unless a special permit has been issued. Among those chemicals on the list is the anesthetic thiopental, which is used broadly in the US for executions.
Maar die emosionele reaksie vir die doodstraf word verstaan en die impuls wat dit onderskraag.
Die hippie is ’n ander probleem en selfs die EU sal nie kan help nie.
Baie dankie
Wouter

