Terwyl jy nou die bybel so bestudeer, lees bietjie op oor Paulus, alles wat oor en deur hom geskryf is. Ek vermoed hy was ook gay.
Hy het mos nooit getrou nie en op ’n stadium gesê dis goed om te trou, maar beter om nie te trou nie, of iets dergliks. Dit het hy seker gesê nadat hy uitgevra is oor sy ongetroude staat. Op ’n keer het hy ook gays sleggesê, maar miskien net omdat hy onder druk verkeer het om dit te doen.
Later het hy mos uitgewyk en in Rome gaan woon, waarskynlik omdat die Romeine toe nog meer verdraagsaam was teenoor homoseksualiteit en nie ongemaklike vrae sou vra as hy gedurig omring is deur jong mans nie.
Groete,
Heiden
Kommentaar
So Heiden, jy is ongelowig omdat manne soos Paulus "gay" was. Jy vertrou dus nie die "gay" Paulus en dan by implikasie, gays nie. Op laasgenoemde, 'n mooi Amen !
In jou agterkop lê waarskynlik "Paulus se doring in die vlees" waar hy God vra om dit weg te neem en sy versoek toe geweier is met, "my genade is vir jou genoeg"
Paulus se doring in die vlees, liewe Heiden, spruit uit sy dae as Saulus toe hy die christene vervolg en as straf laat uit-en vermoor het.
Soos Saulus toe die lig gesien het, sal jy ook nog die lig sien, maar helaas Heiden, sal dit te laat wees.
Raed-na-Gael
Beste Heiden.
Ek dink jy rek die saak rakende Paulus 'n bietjie te ver. Alhoewel hy nooit getrou het nie, het ek geen twyfel dat hy nie gay was nie.
Jaco Fourie
Wat jy vermoed, Heiden, is mos absoluut van geen konsekwensie, nie. Dit is so, omdat jy niks van belang weet nie. Daarom is dit nie vreemd dat jy 'n selfverklaarde heiden is, nie.
Paulus het nie na Rome 'uitgewyk', soos jy in jou onkunde kwytraak, nie. Hy het nie vrywillig daarheen gegaan, nie. Hy is gearresteer omdat hy gepreek het. Toe vind die Romeinse kommandant uit dat Paulus 'n Romeinse burger is, en as sulks, 'n behoorlike regsverhoor moet ontvang.
Eers is hy deur Feliks verhoor. Daarna op hoër beroep na Festus en toe Agrippa, waar hy appel aangeteken het na die hoogste hof - na Caesar. Vir daardie rede is hy toe per skip saam met ander as geboeide gevangene na Rome geneem - daar waar Caesar was.
Maar op pad daarheen het hy geprofeteer dat die skip sou vergaan. Toe gebeur dit in 'n dae lange geweldige storm. Te midde van die storm met die skip wat besig was om te vergaan, het hy weereens geprofeteer dat almal dit lewend sou maak en hulle daarop attend gemaak dat daar 'n engel op die skip is wat hulle sou beskerm ter wille van sy teenwoordigheid op die skip, waardeur algar daar baat sou vind - dit het onmoontlik gelyk, maar ook dit het so gebeur. So het hy die respek guns van die owerste, Julius, verdien en daarom is sy boeie verwyder.
Paulus is toe vir twee jaar lank in Rome onder huisarres aangehou, omdat hy verhoorafwagtend was en uiteindelik is hy op appel vrygespreek, waarna hy onmiddellik Griekeland toe, vertrek het.
Selfs al sou hy homoseksueel wees, wat betwis word, dan was hy steeds die voorbeeld van hoe dit hanteer behoort te word, want hy het selibaat en onberispelik gelewe.
Jaco 'n Bybelstudent? Hoe lagwekkend.
Kobus de Klerk
Heiden,
Kyk, laer kan jy sekerlik nie daal nie (maar dalk verras jy ons nog) - wat 'n patetiese poging om ware gelowiges uit te lok! Wat gaan julle ongelowiges nou nog kwytraak - en dit Alles net om julle eie ego te streel en julle gekose (verkeerde) leefstyl te regverdig - en wonder bo wonder gebruik julle die Bybel om te verdraai om by julle te pas, hiervoor. Ai-Ai hoe dwaas van jou (julle). Lees gerus Romeine 1 - deur Paulus geskryf - alhoewel ek sterk twyfel of jy dit sal verstaan (jou onkunde is op jou voorkop geskryf) - maar probeer dit lees sonder om sekere woorde te verander/verdraai of selfs weg te laat - soos wat julle praktyk is, om julle wanopvattings/ongeloof te regverdig. Paulus is in Christus en hy het defnitief nie 'n gesplete persoonlikheid en 'n leuenaarstong soos sommige van julle? het nie! Maar, helaas, die Waarheid in die Woord van God maak seer en jy (julle) veg ontmoedig voort in julle dwaalweg op julle selfregverdigings pad na nerens! Klim uit die kas uit, ou Heiden - lyk my dit is baie donker om jou!
Jaco, ek weet nie of Heiden jou vriend is, of nie (hy ondersteun jou duidelik in jou dwaalwee en moedig jou aan ook) maar as ek jy is sal ek baie versigtig wees - as jy gedink het (eintlik weet) jou denke is donker, syne is verseker nog donkerder - maar dan weer, hoe lui die gesegde "voels van eenderse vere"? Julle het dalk mekaar nodig om die bose onheilsvure in jul harte te bly stook. Sjoe, eina!
Dolf.
Heidin,
Paulus se vekondiging van die Evangelie van Jesus Christus was en is nog steeds geinspireerd deur die Heilige Gees en kan en sal dit nooit verdwyn of deur jou weggewens of gediskrediteur kan word nie, al probeur jy hoe hard heidin.Miljarde mense het al daardeur tot bekering gekom en nog steeds, onder andere mense uit alle volke en ander valse geloofsoortuigings.Die werk van die Liewe Heilige Gees is vir ewig en altyd.Hierdie wêreld sal vergaan maar Sy Woord nooit. So wat jy ookal probeur met jou swartgallige gemoed, jy slaag nie.Onthou net een ding heiden. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. Jes 45:23 , Rom 14:11, Fil 2:10
Henry