Ja Jan Ja

  • 0

Hello Jan

Wou jy nie die laaste woord gehad het nie. Ek was onder die indruk dat dit jou sou welgeval, want dan kon jy repliek lewer met ’n uitklophou met geen poging van my kant om dit die hoof te probeer bied nie.

Aangesien jou goeie vriend, Comestor, kapsie maak teen die hoeveelheid briewe van my kant af, wag ek eers vir die voetnota van jou kant af en sal dan probeer antwoord dat ek nie “onseker” is of met die “gees van die dwaling gepak is” nie.

En nee, ek gee nie toe dat dit “absurd, gedienstig en belaglik om te verwag Afrikaanssprekendes moet in Engels onderrig word”.

Tot na jou voetnota. (Ek wil graag op Webvoet se verwysing na die advertensie kommentaar lewer en gebruik my laaste brief daarvoor).

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top