J W Gericke oor God - Deel 6 - Metatekstuele geskiedenis - III

  • 7

Gericke se mening dat die God-konsep dus net in die lees van Godsdienstige tekste bestaan en nie daarbuite nie, is eweneens onhoudbaar. Die mens is immers van die begin af al, geïnspireer om oor God te skrywe. Waar kom daardie inspirasie vandaan? Die mens inspireer nie homself, nie. Mense inspireer mekaar ook nie tot dinge groter en meer omvangryk as hulself, nie – hul sou eenvoudig nie oor daardie verwysingsraamwerk beskik, nie, was dit nie daarvoor dat daar werklik ’n Krag of Inspirasie buite die mens bestaan wat die mens daartoe inspireer nie – en die antwoord is God. God bestaan ewig buite die mens en inspireer die mens om begrip vir dinge onbeskryflik groter as hyself, te hê – begrip vir God.

Gericke se verdere insinuasie is dat die mens sy konsep van God bly verander en dat die onderwerp van die veranderende God-konsep aanduidend is van iets wat nie buite die konsep bestaan nie omdat dit ’n produk is van die ideologie wat die konsep onderlê.

Wat hy, verbasend genoeg, oor die hoof sien, is dat die verandering van die mens se konsep van God glad nie dui op ’n veranderende ideologiese versinsel nie, maar inderdaad ’n groeiproses verteenwoordig waar die mens meer en meer van die onbegryplike, ondefinieerbare grootheid van die ware God te wete kom en dus sy persepsie en konsep van die Godheid wat op die toenemende nuwe kennis gebaseer word, daarby moet aanpas deur dit aan te vul, terwyl die oorspronklike kernwaardes en kennis omtrent God steeds bly voortbestaan in die persepsie en konsep omtrent God maar aangevul word deur meer nuwe kennis. Kennis omtrent God kan nóóit stagneer nie – daar is gewoonte veel om van God te wete te kom, maar indien dit (stagnasie) wél gebeur, gebeur dit slegs met diegene wat nie werklik betrokke is by hulle Godsdiens, nie, óf ’n vals religie aanhang en dan in beide gevalle mettertyd rondvallery en vervreemding van die Godheid meebring.

Uiteindelik laat Gericke nóg ’n uiters belangrike aspek geheel en al buite rekening, naamlik dat religie of Godsdiens, nié God is nie – dit kán ook nooit die Godheid ondervang, inperk of vervang, nie. Religie of Godsdiens is en bly bloot maar die menslike metode en werktuig om hom tot die heerlikheid van God te wend en om ’n verhouding met God te bewerkstellig. Dus, die God van die Godsdiens, is nié die Godsdiens van die God, nie, maar is die Godsdiens van die mens. Daarom kan die menslike poging – religie en Godsdiens – nóóit die aard en wese van God bepaal, nie, maar slegs hoe die mens hom in sy gebrekkige kennis van en verhouding tot God, poog te verklaar. Die korrekte posisie sal dus wees dat die mens sy Godsdiens só sal skik dat dit by God pas en beslis nie andersom ’n verwagting koester, nie. God staan immers geheel en al onafhanklik van énige religieuse of Godsdienstige pogings van die mens. Dus, die sukses of mislukking van die menslike Godsdienstige of religieuse poging, het géén effek op God se ewige voortbestaan, nie. Maar, sonder om effektief en opreg Godsdiens te beoefen, of dit georganiseerde of individuele poging is, kompleks of gewoon eenvoudig deur gebed, sal die mens nié tot God kan nader, nie.

Dit is dus wanneer die religie korrup is, dat die mens van God vervreem raak. Maar die korrupte religieë kan nóóit, óóit, énige refleksie of invloed op die bestaan, of in die werklikheid en heerlikheid van God, hê nie en kan dit nóóit as ’n maatstaf vir die bestaan van God dien, nie, maar véél eerder van die suksesvolle of onsuksesvolle toenadering van die mens tot God – dit is al.

Dit is ’n aspek wat Gericke se ganse gewraakte poging op sigself eenvoudig tot niks maak, benewens die mistastings in die besprekings vermeld.

Wat het dus vir Gericke in sy arrogansie en verwaandheid laat dink dat hy God kan oordeel terwyl hy moes weet en insien dat sy kennis van en die openbaring van God in die Heilige skrifte dit glad nie toelaat, nie? Om te dink hy het sy ganse toekoms weggegooi en die Almagtige belaster ter wille van onkunde …

Groete,

Kobus de Klerk

  • 7

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus, ek glo hierdie deel kom uit jou hart ... ek dank Jesus Christus onse HERE daarvoor ... jou amigo in Adam, Cornelius

  • Wel, teen hierdie tyd is ek Kobus innig dankbaar dat hy my die moeite en geld gespaar het om Gericke se boek te gekoop het. As ek na Kobus se deeglike ondersoek kyk is ek hom dankbaar vir sy tyd afgestaan asook skrywes terug aan ons. Voorwaar insiggewend.  Weereens ’n bewys dat God verhewe bly bo enige menslike denke of intelligensie. Ek sou voorstel dat hierdie skrywes van Kobus in boekvorm uitgegee word.

    Dankbaar Kobus

    Trienie

  • Thomas en Chris,

    Julle kommentaar hier bo gee heeltemal te veel krediet aan Kobus as wat hierdie en ander bydraes van hom oor JW Gericke  verdien?

    Groete

    Panda

  • Kobus de Klerk

    Baie dankie, Trienie,

     
    Ek het die tesis van die internet afgelaai en deurgewerk, maar die eer vir insig en uitleg kom die HERE toe, soos jy weet en ook te kenne gee.
     
    Baie dankie vir jou openhartige en volgehoue mooi geloofsbetrokkenheid.

    Alles wat ek skrywe, kom uit die hart, Cornelius. Van dieselfde HERE, elke keer. Dankie.
     
    Groete,
     
    Kobus de Klerk
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top