Dis die nuwe 20/20-element
vir pseudo-wetenskaplike eksperiment,
hoe lank gaan die noodvoorraad hou
sodat ons weer kan begin bou?
Die kernatoomgetal word bepaal
deur protone wat in die kruiemiddels maal,
elektrone bly in hul negatiewe orbitaal draal en drentel,
neutrone weet nie na watter nuuskanaal om te wentel
todat ons die virus se kriptoniet vind, dit verstaan,
is die nuwe halflewe van ons bestaan
net skoon PI-bindings in tuisbly-energie
geduldig, tot ons weer met mekaar kan sigma-sinergie …


