Sy jongste rubriek. Met ’n gebrek aan ander nuusgebeurlikhede om oor te skrywe, skryf ons Rooi Daantjie weer oor die munisipale verkiesings wat nou amper antieke geskiedenis is, asof dit die jongste nuus is.
Hy skryf op Praag dat voor die munisipale verkiesing was 70% van Johannesburg se DA-raadslede blank, en nou is hierdie persentasie met swartes omgekeer. Hy verkwalik die DA dat hulle Johannesburg se blankes “ontkieser” het.
Hy skryf: “Dit wil voorkom asof, ten minste in Johannesburg, die Westerse minderheid (sic!) verkies om nie meer verteenwoordig te wees nie en die munisipale politiek as’t ware op ’n skinkbord aan Soweto, Alexandra en ander swart woonbuurte oorhandig. Die Westerse minderheidskiesers spreek deur hul steun vir die DA ook die mening dat swart of bruin verteenwoordigers meer bekwaam as blankes is.”
Tipies van Rooi Daantjie se onlogiese logika, en dit vir een wat als geleerde dr aangespreek wil wees! Aai ja nee. “Wonders never cease to amaze me!” Met Rooi Daantjie as Anton Barnard se mentor, kan ons ook onse arme Anton nou beter verstaan.
Jaco Fourie

