Is jy hier vir die musiek? (Of sit dit in jou klere?)

  • 0

“You know, when I was a kid, if you didn’t wear a pair of brand new Doc Martens, you were an absolute nobody!” Oorkant my aan die konferensietafel sit ’n jong dame wat onverbiddelik glo aan die helende kragte van die sportklerehandelsmerk waarvoor sy  die promosiebeampte is. “You know, we do a helluva lot for the musicians that we sponsor. To be seen wearing our brand is very rock ’n roll,  you know.” In my gedagtes maal dit: “Oukei, oukei, ek weet, little miss you know.” Ek is teen my wil ingesleep by onderhandelinge oor die moontlike borgskap van ’n korporatiewe sportklerehandelsmerk vir ’n band. Ek dink aan die volbladkleurfoto wat ek in ’n gesinstydskrif gesien het van ’n band van my gunstelingmense, hare nou netjies gekam, breëbors in ’n ry met die korporatiewe handelsmerk van die maatskappy lewensgroot op hul sweetpakbaadjies. Ek probeer om Kurt Cobain, Thom Yorke, Willie Nelson of selfs Bruce Springsteen of Muse of Cold Play in hierdie handelsmerkfoto in te pas. Maar dit wil nie werk nie. Daar sal groot fout wees met so ’n prentjie.

Onwillekeurig, voor ek kan keer en per ongeluk glip die woord “sell out” by my mond uit. Die woord hop, rol en gly stadig oor die gladde tafel tussen die display-tekkies deur tot waar dit stamp teen haar notaboek. Sy loer oor haar swartraambrilletjie. Met ’n snydende glimlag gooi sy dit: “They’re not sell outs! They didn’t even get money for it. They get to keep the clothes and shoes. And we put them up at our corporate parties. You know we’re opening this brand new corporate party space in downtown Jozi, you know …” Daar het jy dit – ek het vir die musikante se part gehoop die maatskappy het hulle ten minste ’n miljoen of twee daarvoor betaal. Sell outs? Vir ’n sweetpak, ’n paar tekkies en die “voorreg” om by korporatiewe partytjies geparadeer te word?

Ek besluit die skade is onomkeerbaar. Die cool is dwarsdeur die kerk van rock ’n roll. Dit is nou trompop met hierdie trompoppie. Dus vra ek vir haar: “And what is your personal take on this trend of major clothing corporates to use musicians as walking bill boards for their product?” Sy dink effens na. Haar gesigskleur verander geleidelik en manifesteer stadigaan wit onder die rosige gesigpoeier op haar wange. Sy begin lyk soos die geloofsmoedertjie wat tydens biduur met groot skrik tot die besef gekom het dat Jesus nie eintlik ’n Christen was nie en dat sy op die koop toe ook nog vir haar kinders die waarheid moet gaan vertel oor Kersvader.

Van hier af  loop die gesprekvoering net een pad. Suid. Afdraande. Ek sien hoe sy soos ’n gesoute oester al hoe meer toeklamp soos die nuwe vrae deur haar kop maal en met tydsverloop insink. Niks gaan ooit weer vir haar dieselfde wees nie. Die sonde het geval.

“My jeans are really worn – would it be possible that I can maybe score a pair of jeans from your latest range?” hoor ek hoe een van die band members ’n laaste poging aanwend. “Go look for something in one of our stores and forward the product code to my assistant – she will sort you out.”

Dis dan dit. “Meeting adjourned.” Sports Clothing Corporate 0 – musicians minus 10. (Plus moontlik ’n paar jeans, ’n sweetpakbaadjie en die vae belofte van tekkies eendag – en die verpligting om little miss Doc Marten se korporatiewe base te gaan vermaak in hul korporatiewe party space.)

Ek onthou die dae toe ’n Tassenberg- of ’n Martell-logo op ’n CD nog beteken het dat Tassenberg die studio-opnames ten volle finansieel ondersteun het. En die musikante dan op die koop toe meer kiste van die produk gekry het as wat hulle tydens ’n jaar se partytjies kon opgebruik. Hoed af en respek en cheers, Billy Martin en Edgar Bullen! Julle het gehelp om ’n verskil te maak – en julle’t van niemand verwag om julle identiteit aan te neem nie.

Die korporatiewe aanslag op mense se private identiteit word deedae al hoe sterker. Mense se identiteit word toenemend nie meer bepaal deur wie hulle is nie, maar deur die handelsmerke wat hulle dra, ry, eet en gebruik om digitaal te kommunikeer. Selfs groot maatskappye se werknemers se private identeit word toenemend ingesluk deur die “missie” en “visie” en logo van die werkgewermaatskappy. (So byvoorbeeld beteken “I am 24” op ’n briefhoof nie dat die briefskrywer vir jou wil sê hoe oud hy of sy is nie.)

Wanneer  ek sien hoe die oormag van ’n kollektiewe korporatiewe identiteit of provinsiale belang in ’n sportspan of bepaalde geloofsidentiteit die mense rondom my se eie identiteite insluk, gebruik ek die meesleurende tema van hierdie liedjie as ’n mantra, teenvoeter, troos, linuskombersie en ontsnapvenster:

What I Am (Edie Brickell)

I’m not aware of too many things
I know what I know if you know what I mean

Philosophy is the talk on a cereal box
Religion is a smile on a dog
I’m not aware of too many things
I know what I know if you know what I mean

Chuck me in the shallow water
Before I get too deep

What I am is what I am are you what you are or what
What I am is what I am are you what you are or what

Oh I’m not aware of too many things
I know what I know if you know what I mean

Philosophy is a walk on the slippery rocks
Religion is a light in the fog
I’m not aware of too many things
I know what I know if you know what I mean
Do do ya

Chuck me in the shallow water
Before I get too deep
Chuck me in the shallow water
Before I get too deep

What I am is what I am are you what you are or what
What I am is what I am are you what you are or what
What I am is what I am are you what you are or what you are
What I am is what I am are you what you are or what

Da da da da
I say I say I say I do hey hey hey hey hey hey

Chuck me in the shallow water
Before I get too deep
Chuck me in the shallow water
Before I get too deep

Chuck me in the shallow water before I get too deep
Chuck me in the shallow water before I get too deep
Chuck me in the shallow water before I get too deep

Don’t let me get too deep
Don’t let me get too deep
Don’t let me get too deep
Don’t let me get too deep

What I am is what I am are you what you are or what
What I am is what I am are you what you are or what
What I am is what I am are you what you are or what you are
What I am is what I am are you what you are or what

Or what you are oh
Or what you are oh oh oh
Say what I am

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top