Is die VSA derde- of vierdewêrelds?

  • 0

Daar is sekerlik klein deeltjies van die VSA wat sal tel as eerstewêrelds, dalk Boston bv, dws as jy bv gewoond kan raak aan die idee dat daar is meer vuurwapens in die omloop as in ’n oorlogsgebied soos Afghanistan bv, MAAR die res van die land steier tussen 3de en 4 de wêreld.
Ek moes al na baie bloedstollende stories luister van my vriende van daar hoe hulle minagtend behandel word by lughawens of by hul ambassades bv.

Gister gaan een vriend bv deur na HK omdat sy paspoort amper vol is, en hy kan ekstra bladsye laat insit by sy ambassade.

Vir so ’n eenvoudige diens moet jy egter ’n afspraak maak, en syne was om 9.30.

Daar aangekom word hy vertel hulle kan hom nie help voor 4 uur namiddag nie!

Hy verduidelik dat hy moet werk die middag, en na ’n lang en bitter geredekawel word hy ’n paar uur later gehelp, maar die prys van 20 of dalk 24 klein paspoort bladsye?

Oor die R600!!

Dieselfde knaap, noem hom P, is nog een van die tallose Yanks wat reuseskulde afbetaal elke maand, op oortrokke bankrekenings, waarvoor is hy vaag, maar sedert ek hom amper tien jaar terug ontmoet het, draai sy hele lewe om sy stewige maandelikse terugbetalings wat maar moeilik gaan om eke maand terug te betaal.

In die eerste oogopslag lyk dit baie edel en reg, maar later aan kom ek agter dat hy het laaankal reeds die oorspronklike lening terugbetaal, hy betaal nou net af aan die rente wat hemelhoog is, en hy kan net nie voorkom nie, maar mis hy een betaling dan skiet dit nog verder op, so arme P is in gedurige toestand van woede, kwaad en selfbejammering, wat hy maar meestal op die arme Sjinese probeer uithaal, alhoewel Sjina is sekerlik die enigste plek waar hy kan werk kry as Engelse onnie!

Alhoewel, met sy kak houding moet hy ten minste elke paar dae ’n nuwe werk soek!

Gelukkig is hier so baie werk dat jy letterlik elke dag ’n nuwe werk kan kry!

Vandag en more is ek so effe besig, vandag 4 ure se klasse, en more dalk 6, my 2 besige dae.

My meisietjie help so effe, sy werk so 5 of 6 ure ’n week, maar bring darem so 4 na 5 duisend in ’n maand, hahaha!

Maar tussendeur kook sy lekker en lyk sy lekker ...

Nog ’n ander Yank hier om die draai, wat hulle noem ;’n piesang, maw geel buite maar wit binne, maw ’n Amerikaanse Sjinees, wat nie woord Mandaryn kan praat nie, totale niksnut, het 2 jaar terug hier uitgeslaan om vir nog ’n ander piesang te kom werk, en was vriendelik gevra om te skoert binne een maand, soos geseg, totale niksnuts, maar met graad en ryk familie, en 7 kredietkaarte!

Hy wou nie die spoggerige woonstel ontruim na sy afdanking nie en sy baas het my gevra om hom vriendelik te vra om uit te trek.

Die outjie is gymrot, maar nietemin, na my geselsie met hom moes hy uit, want hy is opgeneem vir ’n paar dae!

Ons is egter soort van vriende nou, die ou is nou al tweejaar hier, vertel vir mammie hy werk maar leef van die kaarte af, en leef lekker!

Net die nuutste Apple-produkte, motorfietse, en elke maand vakansie in die Filippyne, met ’n streep meisies, en hoe?

Wel, as die eerste kredietkaart blykbaar die limiete slaan, dan slaan hy oor na die tweede een en so aan, met die lyn af!

Ek weetie hoeveel skuld hy nou al die banke na 2 jaar se luilekker leef nie, maar dit moet aansienlik wees!

Die VSA is gefok!!!

Francois Williams

Brief verkort. – Maggie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top