Is die ANC die pad byster?

  • 0

Hello Jaco

Hier kom weer ’n geleentheid om te verskil en veral wanneer jy met punt nommer sewe beweer dat “Hulle kon die nodige aanpassings maak met die verandering in die politieke klimaat”.

Hierdie is juis ’n party wat nie die uitdagings wat die land in die gesig staar nie die hoof kan bied nie en ’n gevaar vir van die vryhede in die land is. Onthou die onlangse oproer oor die snoerwet en die implikasies daarvan, net soos die geluide oor die ondersoek van hoe die howe in lyn is met die beleid van die regering in plaas daarvan dat dit getoets word aan die grondwetlikheid daarvan.

Net soos Mbeki nie gesien moet word as ’n geval van “leier wat te groot vir sy skoene geword het, kon hulle met gemak onttroon” is nie maar tekenend is van die magstryd wat sonder ophou in die ANC woed en waarvan Zuma in die vorige rondte bevoordeel was en met die hulp van die Malema faksie die president geword het, wat nie ’n gesonde manier van demokrasie is, maar eerder ’n geval van die sterkste faksie oorwin en gaan vorentoe. Almal kry ’n kans om te eet.

Cosatu en SAKP as ’n positief vir die land en so naby aan die regering as ’n plus kan kwalik aanvaar word, 500 stakings die afgelope drie jaar indien sekere statistieke wat die rondte doen korrek is, net soos dit waarvoor die SAKP staan volkome uitgedien is en nou nog komplikasies skep met die moontlikheid van kommunisme en die “vanguard”, “means of production”. Die ganse beskawing het aanbeweeg en Suid-Afrika hang nog rond in die geselskap van lande soos Kuba waar bogenoemde beleid net swaarte en armoede gebring het.

Glad nie ’n kaart vir sukses nie, mededinging is altyd beter en sal die SAKP nie oorleef op sy eie nie, terwyl Cosatu dalk ’n kans sou staan.

Die pad van bevryding tot ’n sinvolle bestuur van die land is moeilike roete en die sosiale en ekonomiese uitdaging wat die land konfronteer, terwyl ’n opruiende Malema met wittes as teiken, eise vir grond en die hele nasionaliseringsdebat wys hoe die ANC nie ’n houvas op die verskillende faksies het nie.

Indien werklik so ’n verenigde front, hoe het bogenoemde gif in die politieke terrein posgevat.

Dit is goeie nuus wanneer Zuma erken:

I come face to face with the triple scourge of poverty, inequality and unemployment.

Net soos Manuel se NPC die volgende in die vooruitsig stel:

In November he published a 19-year national plan that identified the nation's priorities as "corruption, divided communities, too few jobs, crumbling infrastructure, resource intensive economy, exclusive planning, poor education, high disease burden, public service [that is] uneven.”

Dit is alles die regte geluide dat die ANC die probleme verstaan en ek wens hulle werklik sukses met die oplossing daarvan toe, maar die uitdagings staan.

Die NP, HNP, KP, het misluk weens ’n ideologie wat nie houdbaar was nie en is heeltemal korrek verban na die asdrom van die geskiedenis, terwyl dit belangrik is om pad wat die NP na normalisering gestel het krediet voor te gee.

Twee artikels doen tans die rondte en is waardevol in die konteks van die bestekopname wat tans geskied.

Time, het ’n artikel, “How the ANC Lost its Way”.
Net so het die Financial Times ook een, “Cry, the Beloved Party”.
Beide titels is duidelik in die kritiek wat die bied. Jan-Jan Joubert het net so ’n goeie artikel 2 Januarie 2012 gehad met hierdie goeie opsomming:

As regering skryf die ANC goeie beleid, maar uitvoering haper. Korrupsie, wanbestuur, ondoeltreffendheid en selfverryking neem toe omdat die ANC nie die politieke murg het om dit kwaai te straf nie.

Grondwetlike waardes word tans amptelik en volkome deur die ANC eerbiedig.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top