Is die Afrikaner-vrou dan niks meer as ’n houtpop nie?

  • 0

Mens lees in Rapport:

Die evangelis mnr. Angus Buchan, bekend om sy Mighty Men-saamtrekke en sy boek Faith Like Po­tatoes, is in sy lewe al uit talle oorde gekritiseer.
Maar ’n kunstenaar wat die afgelope week poedelkaal (met byna net ’n Voortrekkerkappie aan) tussen ’n klomp aartappels gaan sit het om kritiek te lewer teen die patriargie, en spesifiek Buchan se boodskap dat vroue hul mans onderdanig moet wees, het ’n hele paar mense skuins laat opkyk.
Gister het dié kunstenaar gehoor sy mag nie meer kaal uittrek as deel van die tentoonstelling nie.
“Die galery-eienaar wou al ná die openingsaand my performance stopsit,” vertel die 53-jarige Celeste Coetzee, wat as deel van die uitstalling wit gepoeier tussen die knolle gaan sit. “Die eerste man was reeds op sy agterpote … Die omstredenheid het begin.”

Die stuk is natuurlik verban ... hoe durf die wit vrou opstaan en vir haarself dink?

Dis tog ’n sonde voor Got en die MAN!!!

Hahaha, dankie vader ons het nou swart sterk vroue wat op nasionale vlak die leisels opgeneem het, hulle laat hulle nie so maklik onderdruk en intimideer nie ... die Afrikanertjie is soos gewoonlik pateties ...

Francois Williams

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top