Volgens Beeld: “Die sensusverslag toon die persentasie wit mense het afgeneem van 10,9% in 1996 tot 9,6% in 2001 en 8,9% (4 586 838 mense) in 2011.” In teenstelling met die groei van Afrikaans as huistaal, nl: “Die Suid-Afrikaanse bevolking het die afgelope dekade met byna 7 miljoen mense gegroei en 871 000 van dié “nuwelinge” is Afrikaanssprekend.”
Behalwe vir die Wes-Kaap en Noordkaap wat oorwegend bruin mense bevat, het die ander tradisionele swart provinsies ook aansienlike groei getoon vanaf 2001 tot 2011. Groei per provinsie: Oos-Kaap (Mandela-land) 83 376; Vrystaat 17 427; Gauteng 233 742; Natal 21 000; Limpopo 17 650; Mphumulango 97 312; Noordwes 24 169; Noordkaap 47 052; Wes-Kaap 329 940.
Met ‘n dalende blankebevolking, kan dit alleenlik ten gevolg wees dat die aanwas onder bruin en veral swartmense te danke is.
Die twee grootste tale, nl Zulu en Xhosa in teenstelling met hulle bevolkings-aanwas, het aansienlik begin te krimp, oor die afgelope tien jaar.
Afrikaans as persentasiegroei in ‘n bevolking van 52mil het met 0.2% gegroei in teenstelling met die groei van Engels van 1.4% oor dieselfde tydperk, dws sewekeer vinniger as Afrikaans. Beide die twee "blanke" tale trek hulle groei van onder die swart bevolking, met Engels aansienlik meer. Dit is bemoedigend om wel te verneem dat ‘n aansienlike aantal swartes nou Afrikaans as hulle huistaal beskou.
Die uitdaging vir die Afrikaner is om die vinniger groei na Engels onder swartes te probeer stuit en eerder na die Afrikaanse taal te herlei, en dit sal vernuftige bemarking van die Afrikaanse structure soos die Taalraad; ATKV; kultuur organisasies, ens verg.
Jaco Fourie


Kommentaar
Ek het nog nie die hele statistiese verslag ontleed nie en beplan dit ook nie. Dit is nogal insiggewend wat die kommentare is. Daar is mos ’n spreukwoord wat lui, "leuens, leuens en statistieke" Die getrouste storie van statistiek wat ek gehoor het was, die djuffrou vra die klas. Klas, maak vir my ’n sin met statistiek. Jannie staan op en seg, "djuffrou, ons hys was die naweek so vol, my sussie moes oppie stoep statistiek".
Jy maak seker grappies – en jy dink die syfers wat uitgegee is, is die waarheid of weerspieel die werklikheid.
Reusedwerg.
Is jou beste "rebuttal" 'n gesegde? Asseblief tog, kom met bewese teen-feite. Ek self hou nie van die statistieke nie, maar het geen twyfel dat dit wetenskaplik bepaal is. Pleks om dit als bedreiging te sien, soek eerder 'n geleentheid vir die Afrikaner daarin. Dink en tree op Pro-aktief, eerder as Re-aktief.
Jaco Fourie